Oorwinning teen onredelike inperkinginhegtenisnemings

Argieffoto

Die staat het die klagtes laat vaar teen die beskuldigde in een van die sake oor onredelike inperkingsinhegtenisnemings wat deur AfriForum aangepak is.

Dit volg nadat AfriForum op 1 Junie 2020 aangekondig het dat hy twee loodssake aanpak om onredelike inhegtenisnemings op grond van die huidige regulasies te stuit. In dié spesifieke aangeleentheid is ’n man deur die SAPD in hegtenis geneem nadat hy voorgekeer is. Hoewel die man die nodige permit byderhand gehad het, is hy vir ivoorverwante oortredings gearresteer omdat daar ’n paar ou koedoehorings in sy voertuig se kattebak was.

Die ander saak – wat handel oor die inhegtenisneming van ’n persoon omdat hy nie die koopbewys van sy sigarette kon toon nie – dien weer op 21 Augustus 2020 op die rol van die Roodepoortse landdroshof.

AfriForum het onderneem om sy regspan beskikbaar te stel om die strafsake teen die beskuldigdes teen te staan, asook om die beskuldigdes daarna te help om siviele eise teen die wetstoepassingsowerhede in te stel weens dié onregmatige inhegtenisnemings.

“Ons is saam met die beskuldigde bly dat die saak teen hom teruggetrek is,” sê Marnus Kamfer, regs-en-risikobestuurder by AfriForum. “Ons sal nou die saak enduit voer om dit vir die wetstoepassingsowerhede duidelik te maak dat landsburgers nie langer as slaansakke vir magsdronk wetstoepassers sal dien nie.”

Die SAPD het op 19 Mei 2020 ’n dokument aan polisiestasies gestuur om sy lede wéér te verwittig van wanneer inhegtenisnemings en geweld gepas is. Die dokument stel ook onomwonde dat lede wat nie die korrekte prosedures volg nie, persoonlik verantwoordelik gehou sal word vir enige vergoeding wat die SAPD vir dié lede se wangedrag moet opdok.

“Dit sal eerste prys wees as die skuldige beamptes uit hul eie sakke vir vergoeding moet opdok, en nie die belastingbetaler nie,” voeg Kamfer by.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Johan ·

Ek is bevrees dat dit reeds te laat is om salf aan te smeer. Nogtans,ń lekker vet bloedneus,vir oulaas, salby die ANC spook tot in lengte van dae.

christo ·

Die grootste droom van Bheki Cele is om seker weer die uniform van ‘n geregsdienaar aan te trek. BC saam met Nkosazana ‘Zol’ Dlamini-Zuma sal so graag wil voort gaan om hulle skrikbewind te voer na die Corona inperkings periode. Dis so ‘n mors van die belastingbetaler se geld, want elke hofsitting word deur die belastingbetaler betaal. Ek hoop van harte Afriforum wen die saak. Ek sou graag Bheki Cele se hande agter sy rug boei en sy hoed oor sy oë trek.

Elmarie ·

Sal nooooit verstaan hoe hul koppe werk nie. Eers laat hul spul grvangenisse wat wel in tronk hoort weens misdade vry want tronke is oorvol en Covid-19 versprei erg in tronke. Dan net daarna arresteer hul mense vir nonsens om tronke weer vol te maak!

Danie ·

‘n Wetstoepasser wat nie die verskil tussen ivoor en horing ken nie.
Mooi man

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.