Die hooggeregshof in Pretoria het Dinsdag bevind media-instellings mag wel vanjaar se matriekuitslae publiseer. Die uitslae word Donderdag bekendgemaak.
Maroela Media en AfriForum het hulle tot die hof gewend, nadat die departement van basiese onderwys bekendgemaak het dat hulle nié vanjaar die uitslae aan die media gaan verskaf om bekend te maak nie. Die departement het nie die besluit teengestaan nie.
Hou Maroela Media dop vir meer inligting.
Ek hoop regtig dat ou Angie gaan betaal vir die regskoste en vir haar domastrante besluite.
Hulle wou net die waarheid wegsteek.
Weereens is die ANC onsuksesvol in hulle planne om die swak prestasie van leeders weg te steek. Nou kan die landsburgers sien watse vrot onderwys stelsel SA het onder die ANC regering.
Uiteidelik het iemand verder gedink aswat sy neus lank is. Knap gedaan, hou so aan, daar is nog Hoop.
Mis ek iets of was dit tradisie om dit te ontvang in die koerant? IN DESEMBER en nie amper in Februarie nie.
Ek kan onthou hoe jy vroeg oggend na die kafee toe gaan, wat nog toe is, jy het jou koerant gevat, jou geld saam die ander mense se geld op die grond neer gesit en dan jou naam gesoek en daarna n bier breakfast gedoen.
Jip. Ons het ons uitslae nog vóór Kersfees gekry.
Wat van matrieks wat dit nie gemaak het nie?
Nou moet hulle ‘n week later eers terug gaan skool toe. (Sal hulle besluit om dit te doen.)
Mooi so, Afriforum.
Mooi so! Onkunde is nie ‘n verskoning om duisende leerders en ouers die bekendmaking van die matriekuitslae te ontneem nie.
Dis nie onkunde nie, dis skelm. Sy kan nie bekostig om die ware punte deur te gee nie, want dan sien almal hoe vrot 2021 se matrieks gevaar het. Dis hoekom sy reeds begin verskonings maak het soos Covid en beurtkrag. Sy het gereken as hulle nie die punte publiseer nie, het hulle nog ‘n paar maande oor om punte aan te pas (menende om die ouens wat gedop het met splinternuwe punte te voorsien)
Mooi so Afriforum / Maroela Media nou sal ons mooi kan waarneem wat sommige probeer wegsteek wat eintlik n groot verleentheid is.
Afriforum = 32451 cases won. Government departments = 0 won yet. Go Afriforum go
Nou kan almal sien dat die 30% slaagsyfer nie eers werk nie.
Interessant dat Maroela Media en Afriforum die hofaansoek gebring het. Die BEE deel van die demokrasie skitter in hul afwesigheid.
Ja wragties, hul gee nou maar net nie n vlenter om nie.
Wonderlik! Ek is moeg daarvoor dat my tradisies (en vissmeer soos Redro☺) uit die samelewing verwyder moet word.
Sluit aan by Afriforum dis die regte ding on te doen.
Is daar i link om die uitslae hier op Maroelamedia te kry??
Dagsê Lindsay
Dankie vir jou kommentaar. Meer inligting in verband hiermee sal later bekendgemaak word.
Dankie! Groetnis
Megan
nms Maroela Media
Dankie☺️