Die hooggeregshof in Pretoria het Dinsdag bevind media-instellings mag wel vanjaar se matriekuitslae publiseer. Die uitslae word Donderdag bekendgemaak.
Maroela Media en AfriForum het hulle tot die hof gewend, nadat die departement van basiese onderwys bekendgemaak het dat hulle nié vanjaar die uitslae aan die media gaan verskaf om bekend te maak nie. Die departement het nie die besluit teengestaan nie.
Hou Maroela Media dop vir meer inligting.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
19 Kommentare
Ek hoop regtig dat ou Angie gaan betaal vir die regskoste en vir haar domastrante besluite.
Hulle wou net die waarheid wegsteek.
Weereens is die ANC onsuksesvol in hulle planne om die swak prestasie van leeders weg te steek. Nou kan die landsburgers sien watse vrot onderwys stelsel SA het onder die ANC regering.
Uiteidelik het iemand verder gedink aswat sy neus lank is. Knap gedaan, hou so aan, daar is nog Hoop.
Mis ek iets of was dit tradisie om dit te ontvang in die koerant? IN DESEMBER en nie amper in Februarie nie.
Ek kan onthou hoe jy vroeg oggend na die kafee toe gaan, wat nog toe is, jy het jou koerant gevat, jou geld saam die ander mense se geld op die grond neer gesit en dan jou naam gesoek en daarna n bier breakfast gedoen.