Oorwinning vir polisieman met posttraumatiese stresversteuring

Argieffoto: Phillip Bruwer

Die vakbond Solidariteit het Vrydag namens een van hul lede, sersant Armand Gerber, ʼn oorwinning behaal toe die arbeidshof in Kaapstad beslis het dat hy weer in sy administratiewe posisie heraangestel en alle dissiplinêre aksies teen hom gestaak moet word.

Dit volg nadat Solidariteit genoodsaak was om die hof te nader omdat die polisiebestuur op 16 Februarie vanjaar vir Gerber, wat aan posttraumatiese stresversteuring ly, na ʼn hof ontplooi het om gevangenes te vervoer.

Posttraumatiese stresversteuring is in 2014 by Gerber gediagnoseer nadat hy ʼn traumatiese insident ervaar het terwyl hy aan diens was. Die polisie het Gerber tot en met 2020 onbevoeg verklaar om ʼn vuurwapen te hanteer en hy is ná die diagnose in ʼn administratiewe pos geplaas.

Volgens Anton van der Bijl, hoof van Solidariteit se Sentrum vir Billike Arbeidspraktyke, word Gerber by die hof blootgestel aan spanningsvolle en gevaarlike scenario’s wat hy nie in staat is om te hanteer nie. “Ons sou verwag het dat hy met meer omsigtigheid en simpatie hanteer sou word, maar dit het nie gebeur nie,” het Van der Bijl gesê.

Van der Bijl voer aan die polisie is volgens die wet op beroepsgesondheid en -veiligheid wetlik verplig om ʼn werkplek te skep wat heeltemal vry is van enigiets wat beserings of siektes kan veroorsaak. “Die polisie het egter in hul plig versuim om ʼn werknemer wat nie sy eie veiligheid asook die veiligheid van sy kollegas kan waarborg nie, te beskerm,” het Van der Bijl bygevoeg.

“Ons is verheug oor die uitspraak, wat net weereens die konsep van onwettige instruksies definieer. Ons is bly dat die howe die nodige sensitiwiteit aan die dag kon lê,” het Van der Bijl saamgevat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Leahim ·

Dit is mos vanselfsprekend dat die polisie beampte in n departement soos vuurwapenlisensie of motor ongeluk geplaas moet word dit wys net die vlak van intelligensie van die polisie se top bestuur of is dit so gedoen om die lid te forseer om te bedank omrede hy wit is

Neilia ·

Ek wonder nou net of mans nee wag jong seuns wat 18 was , toe hulle moes oorlog voer in Rwanda, mense moes dood skiet op bevel en wie weet watse wrede goed nog moes uitvoer ook agter n lessenaar beland het ? Hulle mag nie gehuil het nie,gekla het nie en ook nie daaroor gepraat het nie . As jy my vra is PTS algemeen onder polisie lede , want wie wil n werk he waar jy vermoor word as jy n saak opvolg of uitgeroep word…

annie ·

die dag wat jy by saps aan sluit moet jy dit kan handteer jy het geweet waar in jy jou self in laat.Saps moet moord ongeluke kan hanteer.Waarom nou met stres tie skryf.Elke persoon weet as hy vir dr leer dan moet hy met alles wat daar aan is kan handteer dood en daar is nog.En so ook n verpleegste hulle ook met al die goed te doene kry.Nou word stres met alle beskryf asb

JaNee ·

Regtig. Jy weet nie waarvan jy praat nie nie. Gaan stap n dag in hulle skoene dan sal jy n ander deuntjie sing. Almal het stress in hulle werke so ook Dr en Verpleegsters. Dis anders om n pasient in n hospitaal bed te verloor as om buite lang n brande lyk te staan met die familie wat langs jou staan en toe kyk of n kind se lyk uit n motor wrak te haal. Jy is ook seker van die wat se jy betaal belasting so jy betaal sy salaris.

Namibië ·

Anne, Leef jy in ‘n bubble of jou eie wêreld? Om ‘n polisieman/vrou te wees, asook ‘n dokter/verpleegster of in die onderwys, is ‘n roeping en nie ‘n beroep nie. Jy moet gewetenloos wees om geen effek te voel indien jy op tonele afkom waar wrede moorde (marteling ingesluit), verkragting van babas, die reuk van gebrande vleis (en nee, dit ruik nie soos braaivleis nie) van ‘n lyk. Jy klink gevoelloos. Waar is jou empatie?

Lol ·

Gemengde gevoelens by my oor die saak. In privaatsektor word jy afgedank indien jy nie gesond is om jou werk te verrig nie. Hoekom moet staatsamptenare gepamperlang word? Ek weet ook van baie staatsamptenare wat ‘n “mediese kondisie” uitbuit om persoonlike voorkeure te bewerkstellig. Ek hoop nie dit is waar in die geval nie want ek sit eerder in ‘n warm kantoor as koue hof?

Bill ·

Annie ek hoop jou bubbeltjie bars nooit nie! Ja eks seker jys daai tiepe soos JaNee beskryf. As dit die geval is betaal meer belasting asb polisie se selarise is van die slegste wereld wyd. Mar met met mense soos jy cope o ja vinnig om te judge maar wie bel ons as jou kar gesteel word by jou huis ingebreek word. Iemand jou vloek of geld skuld dan hol jy jou kniegies kort polisie kantore toe.

Lol ·

@ Bill, is dit nie hulle werk nie?As ons nie na hulle hardloop nie , hoekom kry hulle salaris?

Darius Els ·

Die saak het 2 kante :
a. Hy WAS gesond toe hy aangesluit het,en HULLE MET HUL snert het hom siek gemaak.( ek was 35jr gesond en het erger beleef,toe 94 se GEMORS gebeur toe het selfs top baas gesterf)
b. As die saak “staande bly”, kan ek na 13 jaar aftrede heraangestel word?

Magdalena ·

Beste medemens……Dis waar so die van u tereg noem….SAPS is opgelei om “alle” situasie te hanteer…….maar jongmense word ouer, trou en kry kinders…..en Ongelukkig kry jy 1 dag ‘n hartverskerende toneel van ‘n pragtige dogtertjie (net so oud soos jou eie) dood gery deur ‘n jaagduiwel…..of jy moet ‘n pappa troos wie se vrou doodgemaak is en hy alleen hulle baba moet grootmaak …..of jou suster se seun pleeg selfmoord en dis jou plig om jou suster die nuus mee te deel…..en dan wat dan??? Opgelei en jare in polisie……net daardie 1 laaste druppel in jou emmer laat die emmer oorloop……jy wil nie en wou nie maar jy KAN net nie meer nie (jy neem reeds medikasie)…..dis ook so ooral in die hele wêreld is daar goed en sleg die wat getrou bly tot die einde en ander minder getrou………dis die lewe – kom ons probeer elkeen’n ander respekteer – elkeen het sy eie keuse van beroep gekies.
Miljoene DANKIES aan elke Dr en verpleegster ek salueer julle v julle opoffering, deursettingsvermoë en liefde v julle medemens.

Willem ·

Géén opleiding kan jou voorberei vir die barbarisme wat in hierdie land hoogty vier nie. Iemand wat met ‘n ander se kop in ‘n sak rondloop – word kort-kort in die media gerapporteer. Mense wat met pangas en messe vermink word – ditto. ‘n Man van in die tagtig word in sy huis in Oranjezicht vasgebind en dood gesláán? Dan praat ons nie eers van die bloedige en afgryslike gevolge van Hi Ace bussies wat oorlaai word, die padreëls ignoreer en dood en verwoesting saai nie.

Hoe kan jy opgelei word om dié soort ding dag na dag te hanteer? Dis geen wonder mense knak nie…

Jo ·

Net terloops…die wit polisieman op die foto is die enigste wat nie ‘n “bulletproof vest” aan het nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.