Oos-Kaap bestee miljoene op mediese wanpraktyk-eise

Die Oos-Kaapse LUR van finansies, Oscar Mabuyane (Foto: ANA)

Die Oos-Kaapse departement van gesondheid het R630 miljoen gedurende die 2018/’19‑boekjaar aan mediese wanpraktyk-eise bestee.

Die bedrag is Dinsdag tydens die provinsiale begrotingsrede deur Oscar Mabuyane, die Oos-Kaapse LUR van finansies, bekend gemaak.

Die Oos-Kaapse departement van gesondheid ontvang die tweede grootste begrotingstoewysing van R25 miljard, gevolg deur die departement van onderwys waaraan R36 miljard toegeken word.

Die groot hoeveelheid mediese wanpraktyk-eise is ’n groot krisis wat die departement in die gesig staar en onafgehandelde eise staan tans op ongeveer R21 miljard. Ongeveer 80% van dié eise is in die OR Tambo-streek ingedien.

Mabuyane het die blaam voor die deur van “gewetenlose prokureurs” gelê en sê dat die staat op hul spoor is. Hy het gesê hulle gaan die betrokke regspan en wetstoepassingsagentskappe versterk om bedrieglike eise te hanteer.

Mabuyane het ook verder gesê dat die gesondheidsektor moet druk vir die finalisering van die Wetsontwerp op Staatsaanspreeklikheid, omdat dit gestruktureerde betalings oor ’n spesifieke tydperk voorstel wanneer die regering aanspreeklik gehou word.

In hierdie jaar se begrotingstoewysing het die provinsiale departement van onderwys die hoogste bedrag van R36 miljard ontvang.

Ongeveer R26 miljard word toegeken vir die aanstelling en betaling van onderwysers, terwyl R602 miljoen begroot word vir universele toegang tot vroeë kinderontwikkeling. R570 miljoen is verder vir leerdervervoer en R1,2 miljard vir skoolvoeding toegeken.

Mabuyane het gesê dat die provinsie tans 1,6 miljoen leerlinge by 5 000 skole deur middel van skoolvoedingsprogramme voed.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Corne ·

Ja wat verwag hulle as hulle die slaagvereistes so baie verlaag het dat die meerderheid ook kan deurkom en kan se hulle is n Dr. Meeste van hulle sal ek nie toelaat om aan my kleintoontjie tewerk nie,

John ·

Sjoe, maar Afrika bestorm die onderwys soos ‘n tjoklitkoek… en die icing kos ons. Die kamma eise-ding is ‘n groot skelmstreek. Wat is nog nie geteiken om te misbruik nie…

Potlood ·

hahahahahahahahahaha so weereens jaag hulle aan, maar nou is dit die Prokureur se skuld… die wereld werk maklik broers, where there is demand, there will be supply. So kry julle stewels in orde en dan sal julle eise minder word…

Vaalseun ·

Dit lyk of Mabuyane die simptome wil dokter en nie die siekes in sy hospitale en klinieke nie. As die mediese toesig, prosedures, behandeling en instandhouding in sy hospitale en klinieke volgens professionele mediese standaarde uitgevoer word, sal daar weinig “werk” vir “gewetenlose prokureurs” wees.

Kaderontplooiing en nepotisme in professionele staatsdiens departemente is op sigself “gewetenlose” blootstelling van die publiek aan die risikos van behandeling en versorging deur onbevoegde en onkundige personeel. Hospitale en klinieke wat nie deur professionele medici bestuur en bedryf word nie, elektriese krag opwekkings-, watersuiwerings-, rioolsuiweringsinstallasies en -netwerke wat nie deur die staat se eie professionele ingenieurs, wetenskaplikes en hulle tegnici bestuur, bedryf en instand gehou word nie, is ‘n aanklag teen die wat die regte besluite moet neem oor staatsdepartemente en hulle begrotings.
Die politici, hulle kaders en familielede wat veroorsaak dat hierdie instansies met die publiek se geld befonds word, terwyl hulle onder onprofessionele en onkundige bestuur ten gronde te gaan en sodoende die publiek benadeel, bedrieg en bedreig, verdien om regtens vervolg te word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.