Oos-Kaap-boer in mediese koma ná aanval

Riaan Scheepers by sy drie kinders, Bianca, Simone en Christo. Foto: Verskaf

Riaan Scheepers, die beesboer wat Saterdagoggend wreed tydens ʼn plaasaanval in die Alexandria-omgewing in die Oos-Kaap aangerand is, is in ʼn geïnduseerde koma geplaas.

Bianca Scheepers, Riaan se dogter, het Dinsdagaand aan Maroela Media gesê haar pa is steeds in ʼn ernstige toestand in die waakeenheid van die Netcare Greenacres-hospitaal in Port Elizabeth. “Hulle het hom nou in ʼn mediese koma geplaas om die breinaktiwiteit en swelling te verminder. Sy toestand is ernstig, maar stabiel. Hy het [Maandag] nie veel reaksie getoon nie.”

Volgens Bianca word daar verwag dat Scheepers se toestand oor die volgende twee weke grootliks onveranderd sal bly. “Die breindrukking het nie verder verhoog nie. Verskeie operasies word nog vir die toekoms beplan, maar die prioriteit is nou om die breinswelling te stabiliseer,” het sy gesê.

Maroela Media het vroeër berig Scheepers is Saterdag tussen 08:10 en 09:00 oorval toe hy by sy huis op die plaas, waar hy al 27 jaar lank met vleisbeeste boer, ingestap het. ʼn Plaaswerker het hom hoor skree, maar die werker is deur een van die aanvallers oorval voordat hy hulp kon ontbied.

Scheepers en die werker is albei in die sitkamer van die huis vasgebind en die werker is geblinddoek. Die werker het gehoor hoe twee aanvallers vir Scheepers erg aanrand voordat hulle uiteindelik met ʼn selfoon, ʼn rewolwer en ʼn bakkie op die vlug geslaan het. Die bakkie is later die dag teruggevind.

Grafiese foto’s van Scheepers se bebloede en gekneusde gesig is ná die aanval op sosiale media versprei. Bianca het vroeër aan Maroela Media gesê haar pa het vier skedelkrake en baie steekwonde opgedoen. Al sy beserings is aan sy kop.

Kapt. Mali Govender, woordvoerder van die polisie, het gesê niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Die polisieondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Ag nee ·

Ag nee, ek het regtig gehoop dat hy sal herstel. Sterkte aan hierdie pragtige kids en ons moet probeer moed hou!

Ag nee ·

O jitte jammer,d ie woorde is nie almal daar, bedoelende self, sonder medies geiinduseerde koma herstel. Bly hoop, ek het al wonders gesien na so koma, sterkte vir julle wat langs daai bed waak.

HANNIE ·

baie sterkte aan die familie!! Weet asb dat daar duisende soos ek vandag hartseer, moedeloos en gebreek voel, na hierdie onnodige geweld!

Genieve ·

Die Here is n God van naby vir hom ons glo hy sal herstel..baie sterkte vir die families.

MRL ·

Hmmm mar die werker was lucky om net geblinddoek te word.. Lig daarvan afgekom. Anyway word gou gesond oom Riaan ?

Jan du plessis ·

Ek sal vir hom bid by die here is alles moontlik mag die polisie hulle vang maar is tyd dat boere begin terug skiet

Sterretjie ·

Sterkte…Heer ons weet als is moontlik by U en hou asb hierdie man in U hand en versterk die geliefdes en familie. Raak hom daar aan asb in totaliteit en eer kom slegs U toe. Dankie Here.

Hartseer ·

Sterkte……ons bid vir hom . Dankie Heer dat U die dokters insig en wysheid gee. Dankie dat Uself daar by hierdie man staan en hom aanraak. Gee kalmte aan sy geliefďes asb .

Pieter ·

Intussen ondersoek Fikile se sogenaamde polisie ‘n saak van “huisroof”.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.