Sers. Majola Nkohli, polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê Clarke is vermoedelik laat Sondagaand of vroeg Maandagoggend vermoor. Hy kon nie in hierdie stadium bevestig hoe Clarke vermoor is nie.
Volgens Nkohli het ʼn privaat veiligheidsmaatskappy omstreeks 01:00 Maandagoggend ʼn verdagte silwer Mazda-bakkie by die Kabega Park-polisiestasie aangemeld. Die polisie het die bakkie naby die Greenbushes-gebied gevind en die drie insittendes, tussen 23 en 30 jaar oud, oor die eienaarskap van die voertuig ondervra. Polisielede het bloedvlekke agter op die bakkie opgemerk.
Nkohli het gesê een van die mans het mettertyd erken dat die bakkie aan ʼn Addo-boer behoort en dat hulle betrokke was by sy moord. Die verdagtes het die plek waar hulle Clarke se liggaam gestort het aan die polisie uitgewys. ʼn Klag van moord is aanhangig gemaak.
Nkohli het gesê dat dit in hierdie stadium nog nie duidelik is of enigiets uit Clarke se huis op sy plaas, Sundowner, vermis word nie. Die polisie is steeds besig om die misdaadtoneel te fynkam. Dit is nog nie duidelik of Clarke op sy plaas of langs die pad oorval is nie.
Die drie verdagtes sal Woensdag in die Kirkwood-landdroshof verskyn.
Kom ons kyk of president zuma ook persoonlike aandag hieraan sal gee.
Droom voort. Zuma sal eerder dans van blydskap as om aandag te gee. God Slaap nie, die verdagtes sit in die tronk. Zuma gee net aandag aan Xenophobia omdat die wereld se oe op RSA is
Christanam, ek stem heelhartig saam met jou.
Wees rustig mense, daar is mos nou planne op die tafel dat daar op skoolvlak nou “opvoeding” gegee gaan word dat dit nie reg is om mense sommer net te vermoor nie! UITERS BELAGLIK EN LAGWEKKEND!!
Allan was a long time family friend of ours. He had worked with my father for many years. Our thoughts and prayers are with his family during this very difficult time. We can only hope that justice is served in some manner when it comes to these three savages. He will be sorely missed. God rest your soul and keep you Mr Clarke