Oos-Kaap man vermoor vrou, eet van haar vlees

Argieffoto: Nico Strydom

ʼn 23-jarige man van Mount Frere in die Oos-Kaap is gister in hegtenis geneem nadat hy na bewering ʼn jong vrou “met geweld” ontvoer, haar “grusaam” vermoor en toe glo dele van haar liggaam geëet het.

Kapt. Edith Mjoko, provinsiale polisiewoordvoerder, sê die jong vrou se ma, wat glo vanuit haar huis gesien het hoe die man haar dogter met geweld vasgryp en ontvoer, het die polisie ontbied.

Volgens Mjoko het die verdagte die vrou na sy huis geneem voor hy haar vermoor het. Die vrou se keel is na bewering afgesny.

“Met die polisie se aankoms op die toneel was die man besig om dele van die vrou se vlees te eet. Die man het ʼn mes by hom gehad, en die polisie het hom beveel om die mes neer te sit. Die man het heeltemal ‘mal’ geraak en met die mes op die polisie afgestorm. Die polisie was genoop om talle waarskuwingskote af te vuur, en die man is toe in die voorval geskiet. ʼn Polisielid is ook deur die man beseer,” sê sy.

Die man is na ʼn hospitaal geneem waar hy mediese sorg onder polisiebewaking ontvang. Volgens Mjoko blyk dit dat die man aan ʼn geestesversteuring ly.

ʼn Saak van moord word tans deur die polisie ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

so sal dit wees ·

My genade …. dis nou al die hoeveelste artikel wat ek lees van kanibalisme in ons land…. Maar so sal dit raak…. want ons land kyk nie na sy eie burgers nie mense is werkloos en kos loos…. Boere word al minder so erens gaan die mense sekerlik begin om mekaar te eet deur van die honger pyne ontslae te raak

Haan ·

KOSLOOS??? Ek hoop nie ek hoef jou te verduidelik hoekom daai stelling absurd is nie! >:(
Hierdie tipe aanvalle vind wêreldwyd al hoe meer plaas en dit gaan definitief nie oor hongersnood nie. Dit is geestelike boosheid

Wagter ·

Nee glo my dis kosloos.. hoe baie hoor jy nie van mense wat naderhand mekaar eet as hulle op isoleerde plekke gestrand is nie, as jy honger is sal jy enige iets eet

Haan ·

Man VERMOOR sy vrou… Moet dit asseblief nie aan hongersnood toeskryf nie.

Apache ·

Die man is nie net n moordenaar nie maar ook n kanibalis, ag ja wat noem dit maar geestesversteuring dan kry hy sommer ook strafvermindering en so ontloop hy sy straf.

Elma ·

Kannibalisme word nou die “inding” lyk dit vir my. Wat is volgende?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.