Oos-Kaap-munisipaliteit gaan 12 biblioteke sluit

Argieffoto (Foto; ElasticComputeFarm/Pixabay)

Die ANC-beheerde Dr Beyers Naude- plaaslike munisipaliteit (Graaff-Reinet) in die Oos-Kaap is van voornemens om Maandag al 12 biblioteke in dié munisipaliteit te sluit.

Dit volg glo nadat die departement van sport, ontspanning, kuns en kultuur versuim het om finansiering ter waarde van R2,4 miljoen oor te betaal wat al meer as ses maande agterstallig is.

Nomvano Zibonda, LP van die Demokratiese Alliansie, het gesê die ANC-regering het hiermee bewys dat hy geen belang het om gemeenskappe van die nodige hulpbronne te verskaf om hulle te help om werk te kry of hul opvoeding te verbeter nie.

“Die samesmelting van Baviaans- plaaslike munisipaliteit, Camdeboo- plaaslike munisipaliteit en Ikwezi- plaaslike munisipaliteit in die Dr Beyers Naude- plaaslike munisipaliteit het tot die munisipaliteit se finansiële verknorsing gelei. Die munisipaliteit moes die koste van die biblioteke dra, maar het nou ʼn punt bereik waar daar nie meer enige geld oor is om bedryfskoste te dek of personeel te betaal nie. Die munisipaliteit het gevolglik aangekondig dat hy die biblioteke tot verdere kennisgewing gaan sluit,” het Zibonda gesê.

Volgens haar is staatsbiblioteke belangrike sentra vir leer en ontwikkeling in gemeenskappe. “Dit is ʼn plek waar jongmense toegang moet hê tot inligting vir hul huiswerk; waar studente projekte kan doen vir hul universiteitstudies; en waar werkloses toegang kan hê tot aanlyn werksoekportale.

“Biblioteke is die leer van geleentheid wat gemeenskappe kan gebruik om uit armoede te klim. Die departement het ʼn verantwoordelikheid om plaaslike en metropolitaanse munisipaliteite te subsidieer om biblioteekdienste te verskaf.”

Zibonda het Bulelwa Tunyiswa, LUR vir die departement van sport, ontspanning, kuns en kultuur skriftelik versoek om in die parlement vrae te beantwoord oor die omvang van finansiering wat aan die Dr Beyers Naude-munisipaliteit verskuldig is; ʼn verduideliking oor die vertraging om die finansiering vry te stel; asook watter stappe gedoen sal word om seker te maak dat die biblioteke so vinnig as moontlik weer hul deure kan oopmaak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Juffrou ·

Oos-Kaap se matriekuitslae soos gewoonlik baie laag. Ag hemeltjie tog … hoe min gee diegene in beheer dan nou om vir (hoofsaaklik) die land se jeug. Dit grens aan mishandeling aangesien juis diegene wat die minste hulpbronne het, dit nou ontneem word. Betrokkenes verstaan dalk nie die betekenis van die woord “manage” nie. Dalk dink hulle “a man will age if he works hard”. Niks skok my meer nie.

IK ·

Netso Juffrou, ‘n pragtige voorbeeld van kommunisme om jou onderdane letterlik oningelig en dus onder te hou.

jaco ·

In regte kommunistiese lande soos Oos-Duitsland, Pole en die Sowjetunie was onderwysstandaarde BAIE hoër as in SA. Leerders wat onderwysers aanrand en daarmee wegkom was ook onbekend daar.

Grys ·

Weet iemand dalk waar ek die boeke kan koop van die biblioteke wat toe maak? Verkoop hulle dit op of stuur hulle dit na n ander een toe ?

Sê maar net 1 ·

Ek sal ook graag wil weet hoe mens van sie boeke te koop kan kry asseblief.
Wat gaan hul daarmee maak?
Hopelik nie verband soos wat die onderwys department gedoen hettoe die sillabusse destyds verander het nie

HARTSEER ·

Gewoonlik kom die boeke vanaf die hoof biblioteek in die streek. Dus neem ek aan dat die boeke terug sal gaan na die hoof biblioteek. Daar mag miskien persoonlike boeke/tydskrifte wees wat nie sal teruggaan nie. Biblioteke het gewoonlik dit as skenkings gekry om te verkoop en sodoende geld ingekry om biblioteke mooi te maak op hul eie onkostes. Dis baie hartseer as n biblioteek moet toemaak.

jaco ·

As meeste mense binne daardie munisipaliteit wit was, of as dit ‘n DA beheerde munisipaliteit was,, kan ek die sluit van die biblioteke nog verstaan. Dan is dit maar ‘n terugkry vir apartheid. Maar dis ‘n ANC-beheerde munisipaliteit en meeste inwoners is swart. Hoe kan die ANC hulle swart rasgenote so sleg behandel? Iets maak nie sin nie…

Bekommerde ·

My hart is seer. Weereens faal ons as grootmense ons jeug.

Ek weet nie hoe sou ek al my trekke 12 in 15 jaar se tyd kon oorleef het sonder ‘n biblioteek nie. Ons het altyd eerste daar gaan aansluit.

Boek is kennis – kennis is mag ………

HPV ·

Verbaas my nie. Opbouers soos Jacomien Schimper het afgetree.

Fanie Buys ·

Hoe verbeter jy die opvoedingsstandaard as jy biblioteke sluit ?

Dumbing away... ·

“Five years from today, you will be the same person that you are now, except for the books you read and the people you meet. ” – Charlie Jones

At Dippenaar ·

Om ‘n BIBLIOTEEK te sluit is om handdoek in te gooi in enige poging om die bevolking geletterd te kry.

Anita ·

‘n biblioteek is so belangrik vir kinders die nie beskik oor die duurste internet geriewe, en ook vir die gemeenskap. Die vraag is…waarom is die rekening nie betaal nie? wie is verantwoordelik? hoe was die persoon in die pos aangeste? en deur wie? kwalifikasies? en het geld ook verdwyn? skandelik steeds meer en meer skandes.

DeVill ·

In plaas daarvan om vorentoe te gaan en meer biblioteke te bou, maak die ANC regering liewers dit toe.

Suid-Afrika gaan agteruit!
Viva ANC, Amandla Awethu, Viva!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.