Oos-Kaap-munisipaliteite skuld Eskom miljoene

Foto: Reint Dykema

Foto: Reint Dykema

Munisipaliteite in die Oos-Kaap skuld Eskom glo meer as R186 miljoen.

Volgens die DA skuld die Maletswai-munisipaliteit (wat Aliwal-Noord en Jamestown insluit) sowat R44 miljoen, die Gariep-munisipaliteit (wat Burgersdorp, Steynsburg en Venterstad insluit) meer as R29,4 miljoen, die Nxuba-munisipaliteit (wat Adelaide en Bedford insluit) meer as R32 miljoen, die Ikwezi-munisipaliteit (wat Jansenville, Klipplaat en Waterford insluit) meer as R10 miljoen en die Inkwanca-munisiplaiteit (wat Molteno en Sterkstroom insluit) nagenoeg R1 miljoen. Die vyf munisiplaiteite is reeds in Desember deur Eskom gedreig dat hulle krag afgesny sal word indien hulle nie betaal nie.

Bobby Stevenson, DA-LPW, het gesê Sakhumzi Somyo, LUR vir finansies, het ná vrae in die wetgewer gesê die redes waarom van die hierdie munisipaliteite agterstallig is, is onder meer weens ʼn lae inkomstebasis, onwettige aansluitings en probleme met faktuurstelsels. Hy het toegegee dat die opbrengs uit die verkoop van elektrisiteit gebruik word om ander uitgawes te finansier.

“Hierdie situasie is ʼn direkte gevolg van swak bestuur in munisipaliteite waar verbruikers betaal vir elektrisiteit en hierdie geld elders gekanaliseer word. Dit is heeltemal onregverdig en kan nie geduld word nie. Ons munisipaliteite moet bevry word van swak finansiële bestuur,” het Stevenson gesê.

Die DA het in Desember strafregtelike klagte teen die munisipale bestuurder van Ikwezi, Gariep, Maletswai en Nxuba aanhangig gemaak vir hul versuim om die geld wat vir elektrisiteit ingesamel word aan Eskom te betaal.

Volgens die DA is daar vergaderings met Eskom gehou om te verhoed dat die munisipaliteite se krag afgesny word. Die provinsiale regering het in Desember 2015 en Januarie 2016 R55 miljoen betaal vir Maletswai, Gariep, Nxuba en Ikwezi. Volgens die DA is daar ʼn totaal van 18 munisipaliteite in die Oos-Kaap wat Eskom geld skuld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Suzie ·

Hoekom wag Eskom tot dit R40miljoen beloop en dreig nie wanneer dit een of twee miljoen rand beloop nie??Ons wat betaal ly ook daar onder as die krag afgesny word en winter is op pad..eish!!

Rupert Ashford ·

Word seker geherkanaliseer na die salarisse rekening toe…;-)

Dee ·

Jy dink seker nie hulle ry Volkswagen Beatles (of Mazda 1300’s) nie nè.

Marous ·

Dagvaar hulle en verkoop hulle goed , dis wat die munisipaliteite doen.

Wat-ek-lees ·

So, wat is nou so snaaks daaraan? Dis mos deel van die kultuur.

Johann Marx ·

Dis wat gebeur wanneer ‘n munisipaliteit hom nie steur aan Eskom se aanmanings nie, want as jy dit vir “lang genoeg” ignoreer, SAL die ANC vir wie jy gestem het, inspring en die rekening betaal met belastingbetalers se geld. Ek het in ‘n dorp groot geword met NEGE munisipale bestuurders……van 1994 af het daardie getal gegroei na 64 “municipal managers” toe wat elkeen ‘n helse salaris kry, voertuig voordele, mediese skema, pensioen, reistoelae, rekenaar (wat sommige nie kan aansit nie), skootrekenaar (waarop die kids meesal games speel), selfoon (wat 24/7 teen die oor is)………en die burgemeester se familie het ‘n “catering business” wat elke dag (as daar vergader word oor middagete) R13 000,00 se kos by die munisipale kantore aflewer…..Lekker stoom die soustrein voort….terwyl die Minister van Finansies probeer om uitgawes te sny.

Vicus ·

Hulle betaal salarisse daarmee. Dan stel die burgemeester nog n motorbestuurder aan vir n belaglike salaris. Dit gaan elke dag slegter en slegter. Ons oorweeg om ons dienstegeld terug te hou. Dan sal ons sien of hulle salarisse kan betaal. Waar is die slim mense. Die geld waarmee ek elektrisiteit prepaid koop – val dit nie dalk binne die definisie van trustgeld nie?

Chris W ·

Dit het tyd geword dat AL die munisipale bestuurders hof toe gevat word vir bedrog waar eskom se rekenings nie betaal word nie.As die eerste een tronkstraf opgele word en al sy bates gekonfiskeer word dan sal mens sien hoe vinnig ruk die ander hulle sake reg met eskom!Maar ja ons sit in ‘n “banana” republiek met ‘n spul narre aan bestuur van die land wat maak wat hulle wil wanneer hulle wil en soos hulle wil met wie hulle wil.Dan kan niks reg kom nie.Die inwoners van die dorpe wat geraak word moet ‘n klag teen eskom le by die SAPD indien eskom die krag wel sou afsny want dis onwettig.Solank hulle hul rekenings betaal het of indien hulle voorafbetaalde meters in hul huise het KAN eskom nie die krag wettig afsny nie.Eskom se saak is tussen hom en die muinsipale bestuurder wat ne sy werk doen nie en nie teen die inwoners nie.Maar nou ja weereens met ons polisie diens wat is wat hulle is hoe ver gaan mens kom??

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.