Oos-Kaap-polisie ondersoek tref-en-trap-ongeluk

misdaadtoneel

Argieffoto

Die polisie in Butterworth ondersoek ʼn saak van strafbare manslag nadat ʼn voetganger in die dorp doodgery is.

“Die man is Saterdagaand omstreeks 20:40 op die N2 naby die Yako- informele nedersetting omgery,” het kapt. Jackson Manatha, woordvoerder van die polisie, gesê. “Die motor wat die man getref het, het nie stilgehou nie. Die oorledene, wie se naam nog nie bekend is nie, is ongeveer 30 jaar oud. Hy het ʼn swart sweetpakbroek, swart T-hemp en swart sweetpakbaadjie met wit strepe aangehad.”

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Enigiemand wat die voorval sien gebeur het, word versoek om die polisie te kontak by 047 401 1100 of Crime Stop by 08600 10111.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.