Oos-Kaap-polisie vra hulp ná twee moorde

Argieffoto: SAPD

Die Oos-Kaapse polisie het ʼn beroep op die publiek gedoen om hulle by te staan om twee moordsake in onderskeidelik Humansdorp en Uitenhage te ondersoek.

Sers. Mojalo Nkohli, polisiewoordvoerder, het gesê in die eerste voorval is ʼn hawelose man se liggaam Sondag by ʼn karavaanpark in Parkstraat in Humansdorp aangetref.

“ʼn Verbyganger het op die man se halfnaakte liggaam afgekom en die polisie ontbied. Die slagoffer het verskeie steekwonde aan die bors opgedoen,” het Nkohli gesê.

“Die oorledene het gereeld in die karavaanpark geslaap en is vermoedelik oorspronklik van Korsten in Port Elizabeth.”

In die tweede voorval is die liggaam van ʼn man met ʼn koeëlwond aan sy nek in Siwasatraat in Uitenhage aangetref.

Die oorledene is as Phumzile Skepe (36) van KwaNobuhle geïdentifiseer.

Die polisie ondersoek twee sake van moord. Mense met inligting oor die voorvalle word versoek om hul naaste polisiestasie te kontak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.