Konstabel Ezile Nxitywa (29) van die Matatiele-polisie in die Oos-Kaap, het Maandag vlugtig in die dorp se landdroshof verskyn op aanklag van poging tot moord.
“Nxitywa en sy meisie was Sondagoggend op pad na Maluti toe hulle stry gekry het,” het kol. Sibongile Soci, woordvoerder van die polisie in die Oos-Kaap, in ‘n verklaring gesê. “Hy is Sondagmiddag omstreeks 14:00 weer na haar huis waar hy haar in die badkamer gekonfronteer het.”
Nxitywa het die meisie glo in haar badkamer geskiet. Sy is in die bors getref en is na Matatiele-hospitaal gehaas. Sy is later na die Umtata-hospitaal oorgeplaas. Sy is in ʼn stabiele toestand.
“Die polisiekonstabel is in hegtenis geneem en sal na verwagting Woensdag aansoek doen om borgtog,” het Soci bygevoeg. “Sy amptelike vuurwapen is gekonfiskeer vir ballistiese toetse. Die nodige dissiplinêre prosesse word deur die polisie gevolg.”
Regters en regslui moet aangekla word mefeplitiges as kriminele borgtog kry en hulle moor weer