Damvlakke in die Oos-Kaap is steeds besig om te daal ondanks ligte reën die afgelope paar dae.
Volgens die departement van water en sanitasie het die gemiddelde damvlak in die provinsie van 64,5% na 63,7% gedaal. Wateropvangsgebiede is ook geraak deur die daling.
Die Mzimvubu-Tsitsikama-opvangsgebied het ʼn daling van 64,5% tot 63,6% aangeteken. Die departement se weeklikse verslag toon dat al die groot damme in die provinsie ʼn daling getoon het.
In die Nelson Mandela-distrik het die Kougadam van 54,6% na 54,1% gedaal terwyl die Loeriedam van 83,4% na 78,5% gedaal het. Die Impofudam het van 38,6% na 37,8% gedaal.
Damvlakke in die Amathole-distrik is ook steeds aan die daal. Die Nahoondam het van 58,1% na 56,8% gedaal, die Xilinxadam van 39,2% na 35,1%, en die Rooikrantzdam van 68,8% na 65,2%.
In die Chris Hani-distrik het die Boesmanskrantzdam van 28,7% na 28,3% gedaal, die Waterdowndam van 84,9% na 82,6% en die Oxkraaldam van 58,3% na 57,7%.
In die OR Rambo-distrik het die Mthathadam van 96,5% na 96,4% gedaal, die Nqadudam van 52,8% na 52% en die Coranadam van 81,5% na 80,4%.
Die departement het die publiek versoek om water spaarsamig te gebruik.
vreemd dat damvlakke daal. n ANC raadslid vanaf iewers in die binneland het dat in 2017 gese die Here straf die Wes-Kaap met droogte omdat meeste kiesers daar DA stem.
So nou wonder ek maar net: as die Oos-Kaap reeds ANC is en as hulle korrupsie en swak dienslewering en rugstekery dan blykbaar nie sonde vir die Here is nie, waarom is dit dan daar ook droog???