Oos-Kaap verwelkom 240 babas op Kersdag

Argieffoto. (Foto: Elaine Krige)

Die Oos-Kaap het op Kersdag altesaam 240 babas – 129 dogtertjies en 111 seuntjies – verwelkom.

Die eerste babas is om 12:12 in die Nelson Mandela- akademiese hospitaal in Mthatha en die Settlers-hospitaal in Makhanda gebore.

Volgens Mkhululi Ndamase, woordvoerder van Nomakhosazana Meth, LUR van gesondheid in die Oos-Kaap, is vanjaar nege babas meer op Kersdag gebore as verlede jaar se 231.

Die meeste babas (64) is in die OR Tambo-distrik gebore, gevolg deur die Sarah Baartman-distrik met 14.

Meth het op Kersdag ʼn draai by die Nelson Mandela- akademiese hospitaal gemaak en geskenkpakke vir die pienkvoete uitgedeel. Sy het ook speelgoed aan die kinders in die pediatriese sale en sanitêre doekies vir die moeders uitgedeel.

“Ons is geseënd dat soveel bondeltjies vreugde op Kersdag gebore is. Die geboorte van enige kind is altyd ’n seën,” het Meth gesê.

Maroela Media het vroeër berig meer as 200 babas is vóór 12:00 op Kersdag in Gauteng en KwaZulu-Natal gebore.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.