ʼn Pa en sy seun is Saterdag ernstig beseer nadat hul ligte vliegtuig ongeveer 10 km buite Alicedale in die Oos-Kaap neergestort het.
“Die vliegtuig het in ʼn veld, ongeveer 90 km van Port Elizabeth, neergestort,” het Santi Steinmann, woordvoerder van Netcare 911, in ʼn verklaring gesê.
Al twee mans is op die toneel behandel en na ʼn hospitaal geneem vir verdere mediese behandeling.
Die burgerlike lugvaartowerheid sal die ongeluk ondersoek.
Intussen berig die PE Herald die pa en seun het in ‘n mikrovliegtuig gevlieg.
Dit is die derde vliegtuigongeluk in twee dae. ʼn Man is in ʼn kritieke toestand nadat sy vliegtuig Vrydag in Witsand in die Wes-Kaap neergestort het. Klik hier om meer te lees. Twee mans is Saterdag beseer toe hul vliegtuig in Springs in Gauteng neergestort het. Klik hier om meer te lees.