Oos-Kaapse boer op patrollie vermoor

(Argieffoto: pixabay)

’n 34-jarige boer van die Oos-Kaap is Saterdagaand op patrollie in die omgewing van Oos-Londen deur drie aanvallers met messe oorval en vermoor.

Die gewonde boer het gedurende die aanval teruggeveg en twee van die drie aanvallers doodgeskiet voordat hy aan sy wonde beswyk het.

Die derde aanvaller is in dié stadium nog soek.

Die boer is Sondag deur Agri Oos-Kaap as Darryl Richter geïdentifiseer. Richter het op die plaas Waterfall buite Oos-Londen geboer en word oorleef deur sy vrou en twee jong kinders.

Brig. Tembinkosi Kinana, woordvoerder van die polisie, sê Richter het patrollie op die Thornvlei-pad gery toe hy ’n verdagte motor opgemerk het. Richter het dadelik ander plaaslike boere se hulp ingeroep.

Die boere het Richter met hul aankoms op die toneel in ’n ernstige toestand aangetref. Hy het steekwonde aan sy bolyf gehad, maar het nog geleef. Richter was nog in staat om aan die boere te verduidelik wat gebeur het voordat hy later aan sy wonde beswyk het.

Richter het glo die verdagte voertuig genader en is deur die drie aanvallers met messe aangeval. Hy het teruggeskiet en twee van die aanvallers is noodlottig gewond.

Kinana sê dié aanvallers, albei vermoedelik in hul 20’s, se liggame is met skietwonde in ’n oop veld nie ver van die toneel van die aanval aangetref nie.

Jason Kümm, landelike veiligheidsbestuurder van Agri Oos-Kaap, sê die derde gesoekte verdagte het vermoedelik te voet gevlug en is moontlik ook gewond. Die verdagte voertuig is ook met honde agterin in die omgewing gevind.

Die motief vir die voorval is nog onduidelik.

Die polisie ondersoek intussen een saak van moord terwyl twee geregtelike doodsondersoeke gedoen word.

Agri Oos-Kaap sê die organisasie is geskok deur die moord op Richter en het daarop gewys dat dit maar 29 dae ná die moord op die boer John Viedge (79) van Nqanqarhu (Maclear) in die Oos-Kaap volg. Maroela Media het vroeër berig Viedge is einde verlede maand in sy plaashuis doodgeskiet.

Kümm het die boere bedank wat gisteraand by Richter in sy laaste oomblikke gebly het en sy medelye met Richter se familie, vriende en die plaaslike boeregemeenskap betuig.

“Agri Oos-Kaap doen weereens ’n beroep op die Suid-Afrikaanse Polisiediens om sy strategie vir landelike veiligheid in werking te stel en sy pogings te verskerp om te verhoed dat hierdie sinnelose aanvalle plaasvind. Dit is die polisie se plig om die veiligheid van landelike gemeenskappe oor die hele Oos-Kaap en die res van die land te verseker.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Persheks Adri ·

My innige simpatie aan die familie en vriende! Mag God julle dra in die moeilike tyd!

SAPS gee nie om nie in hulle oë is dit mos maar net nóg ‘n boer. Hulle kan dan nie ‘n stasie beman nie wat nog te sê van ons beskerm!

Persheks Adri ·

Sien jy dat hulle die boere beskerm of die publiek? Weet nie in watter land bly jy nie, maar beslis nie waar ek is nie. Hulle veiligheidsplan is nie eers in plek nie man!

Werner ·

Wel ongelukkig is die wat omgee in die minderheid.Nie eers die regering gee om nie.Jammer maar die bietjie wat omgee word onder dieselfde kam geskeer.Ons is in n oorlog en die bietjie Saps wat omgee kan niks daaromtrent doen nie.

Persheks Adri ·

Korrek Werner! Ongelukkig veralgemeen ek, want die ou garde wat oor is gee regtig om en help. By ons is 2 ouens wat regtig uit hul pad uit gaan om te help niemand anders nie dis hartseer! Waar is die goeie ou dae?

Persheks Adri ·

Stem Werner die bietjie goeie SAPS wat nog werk is bitter min ongelukkig vir ons. Dis eintlik baie hartseer! Nou sit ons met “wannabe rambo’s” wat nie eers bevoeg is nie

Tino ·

Die minister gee die opdrag vir hierdie aanvalle en voer dit deur na die SAPS toe.

SAPS gee opdrag aan en beskerm hierdie kriminele

Duan ·

Wane gan dit eindig wane gan ons saam staan en op staan 1 vir 1 word ons mense uit gemaai

Harley Davidson ·

Dit gaan nooit verander nie ons enigste behoud is om die weskaap weg te breek in ‘n onafhanklike staat met bevoegde leiers,wat meer druk op die sa regering moet plaas om hierdie sinnelose misdade te stop.

Niklaas ·

Dis waarom daar planne is om ons vuurwapens vir selfverdediging te halt. Want die kaders dink mos ons boere is nou onsportief deur terug te skiet en dit klink vir hulle nie meer na ‘n lekker manier om plaasgrond in te palm nie.

Magda G ·

Was dit n hoe profiel dan het die hele polisiemag na die skuldige/s gesoek.
Sterkte aan sy familie en vriende. SA is oppad na hel. Wat doen die pilisiehoof – niks

Hendrik Marthinus ·

Magda
Nie ek of jy en sekerlik al die maroela lesers was op die toneel nie
So verduidelik vir my hoe jy op jou kommentaar kom
Eks 100% seker Saps was op die toneel, en eks 100% seker die span het Al’s in hul vermoe gedoen om inligting soos forensies te versamel
Onthou die media hou van sensuur plaas en Baie min feite

Pieter J ·

As hierdie boer oorleef het was hy alreeds aangekla van moord.

Sarel ·

Honde….onwettige jagters daarom hulle mey messe aangeval het. Gesin…kinders gaan opgroei sonder
‘ n Vader en Regering en Bheki is stil

Persheks Adri ·

Dit mag nié gebeur nié ons moet dit baklei klaar! Hy en sy regering maats gaan tog nie sonder gewapende wagte loop nie hulle moet bietjie op ons vlak kom leef en sien waardeur ons gaan!

Sambok ·

Sterkte aan die familie,sien nerens dat die reaksie eenheid ingeroep is nie,seker omdat dit wittis is

Louisepretorius ·

Kry beter minister van polise asseblief.!!!ons land kry swaar met hom saam hy is grootmond en niks word gedoen

Misky ·

Ja, ek selfde opgemerk en dit op kommentare wat mens nie anders kan as om saam te stem nie

Persheks Adri ·

Stem Misky weet nie wie is nou weer so aspris nie regtig! Ons praat tog die waarheid. Ander kommentaar is amper soos myne, maar geen af duim nie…

Marshall ·

One cannot win a defensive war. One cannot defend an infinite border. Until White South Africans understand these principles of conflict, the slaughter will continue and intensify.

Stop wasting time focussing on defence in the face of attack. Start focussing on ending the unworkable multiracial state and establishing a defensable finite border.

Phillip ·

Polisie en Cele gee niks om nie by ons mors jy jou tyd om polisie te bel hulle reageer nie eens nie. . Dis siek.

Marina ·

“Die motief vir die voorval is nog onduidelik” – ek sal hierdie sowaar nooit verstaan nie, almal weet wat is die motief!

Toy ·

Dit is ontstellend om te hoor nog iemand het sy lewe verloor onnodig,..kan die mans wat patrollie ry nie, 2 saam ry om mekaar te help wanneer so iets gebeur. My innigge simpatie aan die familie.

Stofdonkie ·

Nog so jonk. Twee kinders wat nou grootword sonder om hulle Pa te ken. Daar kan gerus vir hulle vertel word hulle Pa het as held gesterf. Hy het twee aanvallers poorte toe gestuur en het hy self ook toe daar aangekom. Minstens kan mese van die distrik vanaand effe rustiger slaap met die wete dat daar twee aanvallers minder is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.