Oos-Kaapse boer op plaas doodgeskiet

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Boer is Sondagaand op sy plaas in die Steynsburg-omgewing in die Oos-Kaap doodgeskiet.

Kapt. Ursula Roelofse, woordvoerder van die polisie, het gesê die egpaar is omstreeks 20:20 op die plaas oorval. Die boer se vrou is ook geskiet en is in ʼn ernstige toestand in die waakeenheid van ʼn hospitaal in Port Elizabeth. Volgens berigte was die egpaar se drie kinders ook by die huis ten tyde van die voorval, maar Roelofse kon dit nie bevestig nie.

Roelofse wou nie dadelik meer besonderhede oor die voorval bekendmaak nie en het gesê die polisie is steeds op die toneel om die voorval te ondersoek. Sy het bevestig dat daar net een verdagte by die aanval betrokke was en dat niemand nog in hegtenis geneem is nie.

Maroela Media kan nie die name van die slagoffers bekendmaak alvorens die naasbestaandes ingelig is nie.

ʼn Saak van moord en poging tot moord word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Sophia ·

En geen kommissie van ondersoek word geloods daarna nie… Wat maak die politieke moorde so spesiaal??

Marianne ·

Wanneer hoor mens van ‘n boer jag maak op die inwoners van die nedersettings op sy plaas??? NOOIT!!!!!!
Waarom jag die nedersetters dan boere op hulle plase???
Doellose moorde dien geen doel nie!!!
BRING TERUG DIE DOODSTRAF! LAAT REG EN GEREGTIGHEID GESKIED.
Mag God met die vrou, kinders en families wees.

Theresa B ·

Liewe hemel tog – dis om van gek te word. Wanneer gaan hierdie snert ophou?????????????

Kellies ·

Wanneer die witte besef sy dae in Suid Afrika is getel en almal uit die land uit is, Of weg getrek of dood. Dan sal dit ophou!

Nita ·

In 1994 het ons gestem vir n ‘demokratiese’ stelsel om n sogenaamde bloedbad te voorkom. Maar nou gebeur daar so stil-stil, in elk geval n bloedbad.

Vaderlandloos ·

As die mense nie noual wakker geword het dan weet ek darem nie. ‘n Wit lewe is minder werd as n selfoon maar as dit n sogenaamde ” vorig benadeelde ” is dan word dit hoofnuus en die minister kom self die toneel besoek. Lekker bly ons in die demokraties SA wat die JA stemmers vir ons gereel terwyl ons ou mense , vrouens en boere se bloed daarvoor moet vloei.

Esmay ·

Ja Vaderlandloos dit is soos jy dit daar sè. Net jammer al die JA stemmers het fw de klerk geglo en was bang v n bloedbad. Wel nou vloei die bloed van ons volkie eers erg!!! En waar is daardie leiers nou? Hulle kruip weg agter hoè mure. Want hulle weet hulle het hul volk gedrop!! Of is hulle bang ons “haal hulle een vir een uit!!

Bloues ·

MARIANNE Hou asseblief om vadersnaam op om vir die doodstraf te vra. DINK. Kom ons gestel n wit boer skiet n strooper op sy plaas. Strooper wou hom aanval. Hy kry 15 Jaar tronkstraf, so hy word skuldig bewind. Met die doodstraf gaan hy met sy lewe boet omdat hy sy eiendom wou beskerm. DINK asseblief

Winston ·

En die enigste redes hoekom n persoon, wat homself wou beskerm, aan moord skuldig bevind word is swak ondersoek, swak toepassing van die reg( Oscar saak het dit bewys) en die RAS van slagoffers. Ook wanneer hy noodweer oorskry en dit is n baie dun lyn. Sterkte aan sy naasbestaandes.

Tiger ·

Wanneer gaan dit ophou??Die dag wanneer witmense bymekaar kom en saamstaan en God die Vader ten volle dien in plaas van Mamon soos tans die geval is.M.a.w. nie baie gou nie!
Ons simpatie aan die naasbestaandes van die oorlede boer en ons bid vir die tannie se spoedige herstel .

Adeline ·

Ek dink nie dit gaan ooit ophou nie. Baie Sterkte vir die familie wat agterbly en die stukke moet optel.

Koos ·

Die boere moet miskien begin dink aan ‘n klas aksie teen die staat wat hulle skuldig gemaak het toe hulle die kommando stelsel ontbind het met die belofte dat die polisie hulle plek sal inneem en wat toe nie gebeur het soos belowe is nie

Esmay ·

Die dag toe die stemmers in 1992 “ja” gestem het het hulle die doodstraf weggestem!!!!

Piet ·

Esmay hulle het meer as net die doodstraf weggestem. Baie van die mense in beheer haat die Christelike God. Die NP het van PW Botha se tyd af hard gewerk om die land te oorhandig aan voorvader gees aanbidders – dit het nie ewe skierlik gebeur nie. Nou verstaan ek nie as daar mense is wat nou verbaas is oor die chaos in die land nie. Terloops, was dit nie 1994 nie?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.