Oos-Kaapse boere woedend oor betogers paaie bly versper

(Foto: Agri Oos-Kaap)

Agri Oos-Kaap sê hy is bewus van betogers wat al langer as ʼn week amok in en om die Adelaide- en Post Retief-gemeenskap in die Amathole-distrik maak.

Die betogers is glo ongelukkig oor ʼn private veiligheidsmaatskappy wat in die gebied aangestel is om die landbousektor ​​te help om die ongebreidelde voorvalle van veediefstal te bekamp.

Coert Jordaan, Agri Oos-Kaap se voorsitter van landelike veiligheid, het inwoners verlede week tot kalmte gemaan en die owerhede te vertrou om die situasie gepas te hanteer.

“Hierdie kwessie bly ʼn twispunt tussen plaaslike inwoners en die sekuriteitsverskaffer. Lede van Agri Oos-Kaap moenie persoonlik betrokke raak nie en ten alle tye veilig bly en konflik vermy,” sê Jordaan.

Volgens Jordaan is die verklaring uitgestuur met die gedagte dat die polisie en plaaslike owerhede die situasie sal hanteer sodat wetsgehoorsame burgers beskerm word.

“Ongelukkig was dit nie die geval nie,” sê hy.

Jordaan sê hy was in verbinding met genl. Ngangema Xakavu, kommissaris van die Sarah Baartman-distrik, asook die bevelvoerder van die Adelaide-polisie.

“Albei het volgehou dat die polisie die oppergesag van die wet tydens hierdie betoging sal handhaaf en sal verseker dat geen onskuldige lid van die gemeenskap hierdeur benadeel sal word nie.

“Hoewel bykomende polisie- en ander veiligheidshulpbronne in die gebied ontplooi is, word die boeregemeenskappe steeds gyselaar gehou, aangesien die paaie in en om die gemeenskappe versper bly.

“Ek verstaan dat elke burger die reg het om te betoog, maar niemand het die reg om openbare paaie te sluit of ander burgers te verhoed om vryelik van een gebied na ʼn ander te beweeg nie,” sê Jordaan.

“Dit is misdadige optrede en die oortreders moet voor die hof gebring word.”

Die polisie versoek nou diegene wat misdadigheid tydens die betoging waarneem, om met inligting daaroor na vore te kom en beëdigde verklarings daaroor af te lê.

“Dit word egter ook as ʼn vertragingstaktiek gesien,” sê Jordaan.

“Die polisie moet ook sake aanhangig maak vir misdaad wat in hul teenwoordigheid gepleeg is. Met die korrekte vlak van sigbaarheid en patrollering sou geen pad deur betogers gesluit of versper word nie. Diegene wat op heterdaad betrap is, moes summier deur die polisie op die toneel in hegtenis geneem word.”

Jordaan doen nou ʼn beroep op polisieleiers om vinnig en beslissend op te tree.

“Dit is net ʼn kwessie van tyd voordat hierdie situasie verder eskaleer en iemand in die proses seerkry.

Jordaan sê Oos-Kaapse boere het die reg om hul sakeondernemings in ʼn vreedsame omgewing te bedryf en in vrede te leef. “Indien die polisie nie gewillig of in staat is om te verseker dat dit gebeur nie, is dit die reg van hierdie individue om die dienste van ʼn private sekuriteitsmaatskappy aan te skaf.”

Agri Oos-Kaap het die afgelope week 15 berigte van betogings in die Oos-Kaap ontvang.

“Veiligheid en sekuriteit is ʼn basiese reg volgens die Grondwet van Suid-Afrika en dit is die polisie se plig om te verseker dat alle burgers van hierdie land toegang tot hierdie basiese reg het,” sê Jordaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Kokerboom ·

Dis lankal tyd dat SAP sterk standpunt inneem teen versperring van openbare paaie. Dis ‘n onding en SAP bang vir hul eie mense! Waarvoor is hul dan daar?

Lourens ·

Noem hulle wat hulle is: oproeriges. Hulle is NIE “betogers” nie.

Anel ·

Die anc mafia beheer mos alles. As jy nie maak soos ek sê nie, dan brand en vernietig ek alles. Terorisme, mafia, noem dit wat jy wil, maar net nie betogers nie. Baie ander benamings. Man, as ek ‘n veiligheidsmaatskappy vir beskerming, het dit niks met niemand te doen nie. Ek betaal daarvoor!!! Kla eetder oor ou cele wat honderde lyfwagte het wat deur die belastingbetaler betaal word!!!!

Harley Davidson ·

Wanneer jy ‘n openbare pad blokkeer doen jy dit onwettig en kan jy nie meer gesien word as ‘n betoger nie maar as ‘n krimineel, hoe sien die media die situasie.?

Jacobus ·

Om onwettig paaie te versper is sabotasie wat deur terroriste uitgevoer word.

Francois ·

Tyd dat die boere saamstaan. Sort die betogers uit en verjaag die polisie. Hulle is deel van die korupsie

david ·

The SAPS POP as a rule have a very poor tactical planning ability and are also unwilling to take any risks that involve them being injured during a riot. Thus they fire vast numbers of 12g baton rounds at R15 each and throw stun grenades at R1,200 each rather than close with the crowds and arrest and successfully, prosecute the ring leaders!

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.