Oos-Kaapse busongeluk eis lewe van 21

Die wrak van die bus. (Foto: Verskaf)

Minstens 21 mense is Maandagoggend in ’n busongeluk in die Oos-Kaap dood.

Simon Zwane, woordvoerder van die Padverkeersbestuurskorporasie (RTMC), sê die bus het omstreeks 08:00 in die omgewing van Willowvale naby die Tafalofefe-hospitaal omgeslaan.

Die bus het ten tyde van die voorval passasiers op verskillende plekke op die roete van Chebe op pad na Butterworth opgelaai. Die bestuurder van die bus het vermoedelik beheer verloor waarna die bus in ʼn kloof afgestort het.

Sizwe Kupelo, woordvoerder van die departement van gesondheid in die Oos-Kaap, het gesê die departement het twee helikopters en ambulanse na die toneel ontbied. Die helikopters kon egter nie land nie weens die onbegaanbare terrein.

Hoewel daar aanvanklik tien liggame op die toneel aangetref is, is daar intussen bevestig dat minstens 21 mense in die voorval omgekom het.

Die bus het in ‘n kloof afgestort. (Foto: Verskaf)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.