Oos-Kaapse dokter vas oor ‘belastingbedrog’

(Argieffoto: Maroela Media)

ʼn Dokter in die Oos-Kaap het Maandag in die hof verskyn op aanklag van belastingbedrog van meer as R1,8 miljoen.

Karunlingam Chetty (54) is tydens ʼn gesamentlike operasie van die eenheid vir ernstige kommersiële misdaad in die Oos-Kaap en die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) in hegtenis geneem.

Volgens kapt. Yolisa Mgolodela, woordvoerder van die Valke, het Chetty tussen 2015 en 2018 as mediese praktisyn na bewering sy inkomste onderverklaar.

“Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) het tydens oudit ʼn paar rooi vlae opgetel en dus ʼn klag by die Valke ingedien vir ʼn ondersoek. Die ondersoeke het aan die lig gebring dat Chetty die SAID uit ʼn bedrag van meer as R1,8 miljoen bedrieg het,” sê Mgolodela.

Chetty is Maandag in hegtenis geneem en het dieselfde dag vlugtig in die landdroshof in Oos-Londen verskyn. Hy is op borgtog van R10 000 vrygelaat.

Die saak is tot 19 September uitgestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Laksman ·

Ek sien nie diamante en belastingontduik as misdaad nie………nes plunder, brand, vernietig en Phala Phala deur die regering as ok gesien word.

Bolandse Nooi ·

En wat van perlemoenstropery … diefstalsindikate … motorkapings … is dit ook OK? Misdaad is misdaad, of jy nou R10.00 uit jou vrou se beursie “gaps” en of jy nou R100k by jou werkgewer verduister. In ons geval – in hierdie land wat eens ons s’n was – onder die huidige regime, is dit soos op Animal Farm: “all animals are equal; some animals are more equal than others”.

Kaal Keiser ·

Ek dink meer van ons moet ophou om die regering te finansier… hulle uitgawes raak net te veel.

Bolandse Nooi ·

1,8 miljoen se bedrog (onverklaarde inkomste) = R10 000.00 borgtog???

Di ·

Hy volg maar net die korrupte ANC lede se voorbeeld. Ongelukkig kom die kaders almal weg hiermee maar die res moet opdok

Sakkie ·

Bedrag te Klein. Jy moet by CR gaan leer hoe werk geld wegsteek in “banke”

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.