Oos-Kaapse dorpe se name dalk gou verander

Foto: Google Maps

Die Oos-Kaapse regering oorweeg dit sterk om die name van sommige dorpe in die provinsie te verander en het lede van die publiek vir insette gevra.

Volgens ʼn berig van The South African oorweeg die regering vier belangrike naamsveranderinge in en om die Buffalo City-metro. Die naamsverandering van veral Oos-Londen, sy lughawe en twee ander dorpe is as ʼn moontlikheid ter sprake.

Lede van die publiek het tot 21 September kans om hulle voorstelle vir nuwe name by die provinsiale departement van sport, ontspanning en kuns en kultuur in te dien.

Een naamvoorstel vir Oos-Londen wat na vore gekom het, is “KuGompo”. “King King-lughawe” is as die nuwe naam vir die lughawe voorgestel. Indien van die voorstelle wat reeds ontvang is, goedgekeur word, sal King William’s Town se naam na “Qonce” verander word, terwyl die stad Berlin as “Ntabozuko” bekend sal staan.

BusinessTech berig die provinsiale regering het gesê dit is deel van sy program wat daarop gemik is om die land se geografiese landskap te transformeer ten einde sy mense meer vanpas te verteenwoordig.

Intussen het die Rhodes-Universiteit se raad ʼn plan goedgekeur om die groter Grahamstad-gemeenskap te betrek by die moontlikheid van ʼn naamsverandering vir dié 111 jaar oue akademiese instelling.

Dit is nie die eerste keer dat naamsveranderinge in die provinsie plaasvind nie. Maroela Media het vroeër berig in 2018 het die Oos-Kaapse regering die amptelike naam van Grahamstad, die tuiste van die Rhodes-Universiteit, na “Makhanda” verander. Die belangrikste opposisieparty in die Oos-Kaap, die Demokratiese Alliansie (DA), was teen die naamsverandering gekant.

Chantel King van die DA in die Oos-Kaap het gesê die regering moet in plaas daarvan om miljoene rande aan nuwe borde te bestee, eerder die geld gebruik om die lewe van inwoners in die Buffalo City-metro te verbeter.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

22 Kommentare

jongste oudste gewildste
JohanR

Nie geld vir nuks, die mense van Oos-Kaap kruipeer en vlug Wes-Kaap toe, die polisie en mediese motorfietse met side cars sit seker in ‘n gebou iewers ongebruik, maar dorp en straat name MOET hulle verander. Is daar ‘n stads beplanner op die forum wat vir ons kan se hoeveel dit kos om ‘n dorp of straat naam te verander? Seker dit is nie goedkoop nie?

Joggie

Wyer om name wat cANCer uitdink te gebruik!

Anet

Met ons ekonomie, so sleg soos dit is, moet daar nou weer geld gemors word op bog! Absoluut onnodig en absoluut idioties!

Groen Haas

Het hulle nie soos ons ‘n lys van duties and responsibilities nie?. As hulle so iets het sal dit nie nodig wees om te sit en idees uit te dink oor hoe om besig te bly nie… Oh my soul….

Danie

Dis die mentaliteit wat die ANC het, bankrot en hulle mense gaan dood covid maar nee name moet verander. Covid in die oos kaap het ANC breine geteiken. Kos is daar nie nou verander ons oos londen na vis en chips dan word jou maag vol as jy daar aan dink .