Oos-Kaapse egpaar voor huis doodgeskiet

polisie-huisroof-crime

Argieffoto: SAPD/Facebook

Die polisie ondersoek ʼn dubbelmoord nadat ʼn 64-jarige man en sy 56-jarige vrou Woensdagaand in die oprit na hul huis doodgeskiet is.

Lt.kol. Mzukisi Fatyela, polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê die skietvoorval het omstreeks 19:00 in Mthatha (Umtata) plaasgevind.

“Die egpaar het omstreeks 19:00 by die huis gekom toe ʼn onbekende hoeveelheid verdagtes op hulle toegeslaan het en met swaar kaliber gewere op hulle losgebrand het. Hulle het met ʼn wegkommotor gevlug sonder om enigiets te steel,” het Fatyela gesê.

Die egpaar se liggame is met verskeie skietwonde aan die bolyf in die oprit na hul huis aangetref. Fatyela het gesê altesaam 28 patroondoppies van onderskeidelik ʼn R5- en AK-47-geweer is op die toneel gevind.

Die motief vir skietery is onbekend. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Die man is ʼn taxibaas van die Uncedo Service Taxi Association.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Hannelie ·

Hulle het hom “getarget”. Want hul wou seker maak hy of hulle is dood. (28 patroondoppies). Hoop die skuldiges word gevang.

Max ·

Die owerheid wil/kan nie die taxi-bedryf beheer nie! So hulle doen dit self !

Johann Marx ·

Die “motief” vir die skietery is onbekend………die man is ‘n taxibaas…..Komaan people, rerig?

Johannes Meintjes ·

Terwyl lang toue wetsgehoorsame burgers voor en in die SAPD stasies hope vorms invul om vuurwapens te bekom of te behou, kollekteer misdaddigers skynbaar vuurwapens by die SAPD stasie se agterdeur sonder paierwerk (behalwe nou vir papier banknote wat vinnig hande ruil)? Die 55 miljoen burgers in die Nuwe SA is skynbaar tevrede met die voortslepende toedrag van misdaad en wanadministrasie tot nadeel van die burgers en voordeel van misdaad …

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.