Oos-Kaapse ontsnaptes weer vas

Argieffoto (Foto: Ichigo121212/Pixabay)

Al sewe verdagtes wat verlede Woensdagaand uit die aanhoudingselle van die polisiestasie in Elliot in die Oos-Kaap ontsnap het, is nou weer in hegtenis geneem.

Kapt. Khaya Tonjeni, woordvoerder van die polisie, sê die laaste twee verdagtes is Maandag omstreeks 05:00 weer in hegtenis geneem.

Dumisani Tom en Sifundo Sothondoshe was die laaste twee om op vrye voet te wees sedert verlede week se ontsnapping. Hul ander vyf makkers is reeds kort ná die ontsnapping weer in hegtenis geneem.

Al sewe verdagtes sal na verwagting Dinsdag in die plaaslike landdroshof verskyn op die aanklagte waarvoor hulle aanvanklik in hegtenis geneem is. ’n Aanklag van ontsnapping uit aanhouding sal ook nou bygevoeg word.

Maroela Media het vroeër berig die verdagtes het verlede Woensdag omstreeks 18:45 polisiebeamptes by die polisiestasie in Elliot oorrompel waarna hulle met ’n dienspistool van die beamptes te voet op die vlug geslaan het.

Die verdagtes het glo op pad uit ook lukraak skote in die polisiestasie afgevuur hoewel niemand in die proses beseer is nie.

Lt.genl. Liziwe Ntshinga, provinsiale polisiekommissaris, het die inhegtenisnemings verwelkom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

JohanR ·

Het hulle nog die selle se sleutels aan hulle gehad? Seker net gou vir ‘n Steers burger uitgebreek?

Byekonfyt ·

Goed so. Hoop die dienspistool is ook terug waar dit hoort.

Cornelius ·

Genade, dis nou al die hoeveelste “ontsnapping ” uit polisie aanhouding vanjaar.

Frikkels ·

Bring ons eie regering terug. In die ou bedeling het sulke gereelde ontsnappings nie plaasgevind nie, omdat die mense wat verantwoordelik was om te sorg dat dit nie gebeur nie, bevoeg was om hulle pligte uit te voer en behoorlike opleiding daarvoor ontvang het. Punt.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.