Oos-Kaapse polisie dok miljoene op vir siviele eise

Argieffoto: SAPD

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) in die Oos-Kaap het in die 2018/’19-boekjaar meer as R45 miljoen aan siviele eise opgedok.

Dié bedrag is deur Weziwe Tikana, LUR vir veiligheid en skakeling, bekendgemaak in antwoord op ʼn geskrewe vraag wat deur die DA ingedien is. Volgens die DA is dit R6 miljoen meer as die bedrag wat die polisie in 2017/’18 aan siviele eise moes betaal, en R11 miljoen meer wat in 2016/’17 uitbetaal is.

DA-LPW Bobby Stevenson het vandag in ʼn verklaring gesê daar is tans hangende eise van altesaam R2,3 miljard teen die polisie in die Oos-Kaap. Stevenson meen dié astronomiese bedrag is ʼn klad op die stand van polisiëring in die provinsie.

“Dit is ʼn uiters kommerwekkende tendens wat net weereens die behoefte aan ʼn menseregtekultuur en professionele SAPD in die Oos-Kaap beklemtoon,” het hy gesê.

Wanneer gekyk word na ʼn uiteensetting van die eise, word ʼn prentjie geskets van ʼn polisiediens wat nie die wet handhaaf of die publiek se regte respekteer nie, sê hy.

Van die eise wat in 2018/’19 uitbetaal is, sluit in:

– R26,1 miljoen vir onregmatige inhegtenisneming en aanhouding;
– R7,3 miljoen vir skietvoorvalle;
– R3,3 miljoen vir algemene skadevergoeding;
– R2,2 miljoen vir nalatigheid;
– R2,1 miljoen vir aanranding;
– R1,3 miljoen vir soek-en-beslaglegging;
– R1,1 miljoen vir botsings.

“Die polisiekommissaris moet aan die provinsiale wetgewer kom verslag doen oor watter stappe gedoen word om hierdie tendens stop te sit. Die portefeuljekomitee oor veiligheid en sekuriteit moet ook kwartaalliks met die SAPD in gesprek tree om sy oorsigrol te vervul,” sê Stevenson.

Hy het bygevoeg gemeenskappe in die provinsie voel nie veilig nie en leef in vrees in hul eie huise. “Van die bende-gebiede in die noorde van Port Elizabeth tot die landelike dorpies en nedersettings – oral is daar ʼn roep vir veiliger strate.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

marous ·

Die polisie het nie ‘n sent opgedok nie ….dit kom uit die belasting betaler se sak.

Ystervark ·

Ek vermoed vuilspel in baie gevalle. Ek arresteer jou, jy eis, ons deel!!!

piet piet ·

Die polisie is volgens n meningspeiling onder die publiek die mees korrupte departement in die regering en dit wys as jy na die stygende misdaad kyk.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.