Oos-Kaapse polisie het hande vol met betogings

Argieffoto: SAPD

Altesaam 11 mense is in hegtenis geneem en minstens drie paaie versper toe gewelddadige betogings Maandag op verskeie plekke in die Oos-Kaap opgevlam het.

Die eerste voorval was buite Qumbu naby Mthatha toe woedende betogers vanoggend die N2 versper het. Ses mans is hiér in hegtenis geneem.

Kol. Sibongile Soci, woordvoerder van die polisie, sê die ses verdagtes, tussen 20 en 45 jaar oud, is deur lede van die polisie se eenheid vir openbare orde in hegtenis geneem. “Die verdagtes is deel van die gemeenskap van die Laleni-nedersetting wat die pad afgesper het om oor dienslewering te betoog,” het Soci gesê.

Die verdagtes sal binnekort in die hof verskyn op onder meer aanklagte van openbare geweld en opsetlike saakbeskadiging.

In nog ʼn onverwante voorval is vyf verdagtes ook op aanklag van openbare geweld in hegtenis geneem nadat die Ginsberg-gemeenskap buite King William’s Town ook vandag die hoofpad met brandende bande versper het.

Terselfdertyd is die R408 tussen Dutywa en Willowvale vandag deur betogende inwoners versper. Soci sê die polisie het vinnig gereageer om die pad weer oop te stel en het met behulp van die plaaslike burgemeester die gemeenskap toegespreek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

de B Johan ·

Ek sal graag wil weet, regtig baie graag, hoeveel van die betogers wat elke maand paaie afsper en bande brand, betaal enigsens belasting of maak enige bydrae van watter aard ookal tot die vooruitgang van die land.
Ek sal ook graag wil weet hoeveel van hulle kry juis toelae (wat deur belastingbetalers befonds word) om aan die lewe te bly, of net omdat hulle kinders het, of omdat hulle HIV positief is, of omdat hulle op universiteit is, of vir watter onverdiende rede ookal.
Dan wil ek graag verstaan waar hierdie arrogante sin van “entitlement” vandaan kon en waarom dit geduld word.

Eben P ·

Johan ek het baie dit ook gewonder en ook redeneer soos ons mede kommetator skrywers onder …. Ek het n paar van hulle gevra want ek versprei n produk onder hulle en wat ek hoor is dat in tye soos tans/nou is daar BELOFTES aan hulle gemaak Dis vir dienste, water, behuising , paaie ens waarvoor hul nie hoef te betaal Nou eis hulle net hul pond vleis want dis mos belowe Hulle stem vir die swaap wat beloftes maak en as hy ingestem is … woeps weg is hy en woon nie meer tussen hulle Opvallend dat die WIT MENSE altyd sleg gemaak word maar dis die gans wat goue eiers lê!

Elsie ·

Well you always… Always hear so many people has been arrested but YOU NEVER HEAR OF ANY CONVICTIONS.

Johan ·

Ja, dis waar. Hulle het net gaan koffie drink by die polisiestasie, dan word hulle by hul huise afgelaai. Hahaha

Gudrun Otto ·

DEAR SIR,DEAR MADAME,
I AM IN NAMIBIA,3 GENERATION, GERMAN,
BUT SPEEK A LITTLE ENG. And Afrikaans.
IT IS A PITTY ,THAT I CAN NOT SEND ALL THAT NEWS,TO OVERSEES,BECAUS THER ,THEY DOUNT UNDERSTAND AFRIKAANS.
IS THERE ANYTHING IN ENG.
THANK YOU AND. BEST REGARDS
GUDRUN OTTO

Denise ·

Aaag…liewe GENADE tog!! Eks sooo moeg om te lees van WOEDENDE BETOGERS wat bôkkerol betaal of bydrae,spring die hoogste omi vuur rond en skreeu die hardste…?

Johanna Botha ·

Brand , breek en vernietig maar dra niks by tot belasting ..demand net !

Attie. ·

Moet asseblief nie na Gudrun Otto se pleidooi almal oorskakel na Engels toe nie. Gudrun, in SA werk dit so dat as daar een persoon in ‘n geselskap is wat nie Afrikaans verstaan nie dan praat almal Engels. Ek het ‘n paar jaar terug uit die broodboomvereniging bedank omdat dit oorgeslaan het na Engels terwille van die buitelandse intekenare. Ek dink Gudrun, jy moet maar self jou vertaling maak…..die mense, soos ek, hier by Maroela sukkel maar met die rooitaal. Vertel hulle daar oorkant dat hierdie ‘n goeie land was en dat hulle deur hul boikotte en aanvalle op ons regering gemaak het dat daar nou baie is wat swaarkry in die mooi land van ons. Al wat ons kan produseer behalwe voedsel is rou riool en die riool sal eendag sy uitvoerbestemming bereik…wag maar geduldig.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.