ʼn 33-jarige polisiebeampte van Hofmeyr, noord van Cradock in die Oos-Kaap, is oor die naweek doodgeskiet.
Kapt. Stefanie Smith, polisiewoordvoerder, het gesê die polisiebeampte, wat nie aan diens was nie, se liggaam is Sondag in die vroeë oggendure in ʼn straat naby sy vriendin se huis in die Zwinde-uitbreiding aangetref.
“Die beampte se dienspistool is sowat ʼn meter van sy liggaam gevind. Hy het aan ʼn kopwond gesterf,” het Smith gesê.
Niemand is nog in verband met die moord in hegtenis geneem nie. Die motief vir die voorval is onbekend.
Brig. Madoda Zamkana, bevelvoerder van die Cradock-streek, het gesê die polisie sal nie rus voordat die skieter in hegtenis geneem is nie.
Die beampte se naam is nog nie bekend gemaak nie.
So jammer om te hoor. Simpatie met die wat agterbly.