Oos-Kaapse premier in kwarantyn

Lubabalo Oscar Mabuyane (Foto: GCIS)

Die Oos-Kaapse premier, Lubabalo Oscar Mabuyane, is tuis in kwarantyn nadat een van sy werknemers onlangs positief getoets het vir die nuwe koronavirus wat Covid-19 veroorsaak.

Die premier se kantoor het Saterdag in ’n verklaring gesê die betrokke werknemer is intussen in selfisolering.

Luidens die verklaring sal die premier veiligheidshalwe ’n tweede keer vir Covid-19 getoets word en in kwarantyn bly totdat hy dié toetsuitslae ontvang het.

Die premier se kantoor het verseker dat die premier sy werk tuis sal voortsit en deurgaans virtueel in verbinding met die nasionale bevelraad sal wees.

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Nico ·

Dit is omdat die mense nie bly by die regulasies nie, daar is hopeloos te veel wat saamdrom.

Lorette ·

Johan, jy het sopas my dag gemaak. Het iets nodig gehad om oor te lag!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.