Oos-Kaapse sakeman ontvoer

Schalk van der Merwe (Foto: Facebook)

’n Man is Donderdag ten aanskoue van sy ma in Butterworth in die Oos-Kaap ontvoer.

Schalk van der Merwe (33) is laatmiddag by sy werkswinkel in ’n industriële gebied in die Msobomvu-nedersetting ontvoer. Hy is na wat verneem word werksaam in die vragmotorbedryf.

Kol. Sibongile Soci, woordvoerder van die provinsiale polisie, sê ’n groep onbekende mans, van wie een gewapen, het Van der Merwe omstreeks 16:40 in sy motor, ’n Audi A3, ingedwing en met hom op die vlug geslaan.

Volgens Soci was die slagoffer se ma by hom ten tyde van die voorval. Sy het ongedeerd van die voorval afgekom.

Die organisasie SA Long Distance Truckers het Donderdag ʼn foto van Van der Merwe op hul Facebook-blad gedeel en gevra dat mense op die uitkyk moet wees vir sy kar met die registrasienommer JPZ 867 EC.

Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die ontvoering nie en daar word steeds na Van der Merwe gesoek.

Die polisie doen ’n beroep op die publiek om met enige inligting rakende die voorval na vore te kom.

Inligting kan by die plaaslike polisie by 047 492 0180 of die misdaadstopnommer by 08600 10111 aangemeld word. Alle inligting sal as vertroulik hanteer word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Casper ·

Wat was die rede agter die ontvoering.Hulle ontvoer hom in sy kar maar sy ma is ongedeurd.Iets sit agter hierdie ontvoering..Miskien bende vervang of dwelms.

Nuus leser ·

Jou komentaar is ongepas! . Die man se Familie Kan ook hierdie komentare lees!
Het jy enige feite om sulke stellings te maak?

Maggies ·

Ons kan net bid dat hy spoedig, veilig en ongedeerd gevind sal word. Sterkte aan die familie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.