ʼn Oos-Kaapse sakeman sal na verwagting hierdie week in die handelsmisdaadhof in Port Elizabeth verskyn op aanklag van bedrog ter waarde van ongeveer R24 miljoen.
Kapt. Anelisa Feni, woordvoerder van die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke), het gesê die 43-jarige man sal Vrydag in die hof verskyn.
“Die verdagte het na bewering tussen Oktober en Desember 2009 vervalste belastingsertifikate en verwysingsbriewe by die departement van onderwys in die Oos-Kaap ingedien sodat die departement ʼn tender van R24 miljoen aan hom kon toeken,” het Feni verduidelik.
Die teenkorrupsie-taakspan van die Valke stel sedert Februarie 2013 ondersoek in oor die beweerde bedrog.
Oos Kaap pnderwys en opleiding; CHAOS; Korrupsie delux.
Stuur hom Parlement toe.
Hy het nou die nodige praktiese ondervinding om in die Staatsdiens te werk.