Oos-Kaapse skole sluit oor wanbetalings, skryfbehoeftes

skool-21.jpeg

Argieffoto

Die skoolbeheerliggaamsforum in Makhanda (Grahamstad) in die Oos-Kaap het besluit om openbare skole in dié dorp van Woensdag af te sluit.

Dit kom nadat die provinsiale departement van onderwys versuim het om talle onderwysassistente en algemene skoolassistente die afgelope twee maande te betaal. Die departement het ook die afgelope drie weke versuim om skryfbehoeftes by die skole af te lewer. Teen Woensdag is nog geen skryfbehoeftes vir die akademiese jaar afgelewer nie.

Volgens Nosgqibo Soxujwa, voorsitter van die skoolbeheerliggaamsforum in Makhanda, is onderwys- en algemene assistente by Mary Waters High School, NV Cewu Primary, Ntsika High School, George Jacques Primary en DD Siwisa Primary sedert Januarie nog nie betaal nie.

Onderwysassistente by Good Shepherd Primary is ook nie in Desember betaal nie. Die skool het tot dusver nog geen finansiering vir Januarie of Februarie ontvang nie.

St Mary’s Primary moes die onderwys- en algemene assistente uit sy eie sak vir November en Desember betaal. Hulle kon egter net die helfte van die assistente se salarisse dek weens ʼn tekort aan geld. Die assistente het nog geen betaling vir Januarie gekry nie.

Fikizolo Primary het ook nog nie geld ontvang om die assistente vir Februarie te betaal nie.

Ntaba Maria Primary School het Woensdag ʼn verklaring op sy Facebook-blad geplaas waarin hy sê dat die skoolbeheerliggaam die skool tot verdere kennisgewing gesluit het. Die ouers is versoek om hul kinders by die skool te gaan haal.

Die Azanian Peoples Organisation (Azapo) het die afgelope twee weke buite die kantoor van die provinsiale onderwysdepartement betoog en aangedring op handboeke en skryfbehoeftes. Dié pleidooie het egter op dowe ore geval.

Soxujwa meen die openbare onderwysstelsel in Makhanda is besig om in duie te stort.

Mali Mtima, woordvoerder van die departement, sê die departement is bewus daarvan dat die skole gesluit het.

Hy het bevestig die uitstaande bedrae sal teen einde Februarie in die skole se bankrekeninge wees.

Mtima blameer die skole vir die skryfbehoeftes wat nie afgelewer is nie en sê hulle stuur té laat hul skryfbehoefteversoeke. “Die departement is in die proses om die skoolbehoeftes by die skole te laat aflewer,” sê hy.

Bykomende inligting afkomstig van GroundUP.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Pietertjie ·

Ná byna dertig jaar van demokrasie en voorkeurbehandeling kan die ANC nog steeds nie iets eenvoudig soos skoolboeke en klaskamers baasraak nie : iets wat in elk geval klaar gevestig was vóórdat hulle aan bewind gekom het. Pateties.

JM ·

ABSOLUUT PATETIES, MAAR WAT VASHOU AAN BEHEER, IS DIE ANC. EN SO FOETER HULLE VOORT: KOM EK OM, DAN KOM EK OM . . . ALLES IN DIE LAND STORT IN DUIE!

Marius ·

Siestog maar julle geleerde mense is darem pateties , en dan moet die kinders daaronder ly.

Marius ·

Besig om uit mekaar te val? Die hele skoolstelsel het lankal uitmekaar geval. Onkundigheid en swak bestuur is aanbdie orde van die dag en bowenal is hul ook nog bankrot.

Anel ·

Daar is vir hulle gesê dat daar nie geld is vir die sogenaamde assistente nie, maar nee, hulle moet aangestel word. Kon eerder meer opgeleide onderwysers aan gestel het. Die lot sit in elke geval net rond. En hoekom hoef hulle nie skoolfonds te betaal nie en skryfbehoeftes verniet kry! Die geld moet iewers vandaan kom! Ons betaal deur ons nekke vir ons kinders.

Dup ·

Kry vir LESUFI om in te tree….hy sal êrens ñ rassistiese rede hiervoor uitsnuffel.

Samuel ·

Baie mooi ANC. Doe so voort. Julle is op die regte pad om alles totaal op te mors.

AW ·

Skande, oops, hulle weet nie wat die woord “Skande” , beteken Nié !!

Johan ·

En so raak die nasie al dommer dommer. Slaagsyfer sal weer aangepas moet word????

Kokerboom ·

Wonderlike werk MM. Doen asb aggressief so voort om ALLE droogmaak van die ANC regime aan die groot klok te hang!!Rook hulle!!Laat hul knak onder sielkundige druk (alhoewel ek dink hul is so afgestom hul sal dit neers agterkom). Laat die deel van die bevolking wat konstant hul in poste hou maar die gevolge dra! Toon GEEN genade. Die belastingbetaler is lankal verby keelvol!!!

Marius ·

Verander die dorp se naam , dit is meer belangriker as om die skole aan die gang te hou en die kinders op te voed.

Johann ·

Hoe hou jy anargie in stand? Maklik: hou die ongeskoolde massas ongeskoold.

Henk ·

Nou val die kaartehuis vinniger as ooit…..Zimbabwe kan ook nie sy onderwysers betaal nie, Suid Afrika is maar net nog n mislukte swart staat in Afrika

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.