ʼn Bekende skool het in die slag gebly in die verwoestende brande in die Wes- en Oos-Kaap.
Woodridge College & Preparatory School, sowat 40 km buite Port Elizabeth, is Saterdagmiddag in ʼn brand beskadig.
“Dit is met ʼn swaar hart dat ons u moet inlig dat Woodridge se gebou aan die brand is. Daar is brandbestryders op die toneel, maar die situasie is ernstig,” lui ʼn inskrywing op ʼn ondersteuningsgroep van die skool, die Old Woodridgean Association.
Die omvang van die skade aan die skool kon nie dadelik vasgestel word nie.
Die skool het in ʼn verklaring gesê die skoolgeboue is ontruim en leerders is veilig van die kampus af. Koshuisinwoners word by ouers van leerders in die omgewing gehuisves. Geen lewensverlies is tot dusver aangemeld nie.
Die video is deur Herald Live op Facebook gelaai.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
7 Kommentare
Aiai elke foto van die geboue in die verwoestende brand ruk n stuk van my hart uit en dit pyn so praat ek nie eers oor lewens wat te vroeg weggegryp is nie as daar wel iemand agter die brande sit hoop ek hulle word verswelg in die vuur so kan dit netsowel n natuurfrats wees. Staan sterk my mense ons sal weer met God se genade opstaan Amen
Hoop regering bou skole
Gebruik Bambi buckets saam met die salm se helikopters , daar is genoeg water in die see. Of is die helikopters nie diensbaar nie,,, Of kan die vlieeniers nie vkieg as daar bietjie wind is nie, Dis mos n goeie tyd vir n bietjie opleiding,,,,
Ek wonder waar het die brand sy oorsprong gekry. Skielik brand dit oral….Kyk nou Buffelsbaai…sou die vuur nou oor die see van Knysna afgekom het.. Ons wat die wereld ken kan regtig nie anders as om te wonder nie….