[Video] Oos-Kaapse skool in pad van vlamme

‘n Skermskoot uit die video. Die video volg onderaan die berig.

ʼn Bekende skool het in die slag gebly in die verwoestende brande in die Wes- en Oos-Kaap.

Woodridge College & Preparatory School, sowat 40 km buite Port Elizabeth, is Saterdagmiddag in ʼn brand beskadig.

“Dit is met ʼn swaar hart dat ons u moet inlig dat Woodridge se gebou aan die brand is. Daar is brandbestryders op die toneel, maar die situasie is ernstig,” lui ʼn inskrywing op ʼn ondersteuningsgroep van die skool, die Old Woodridgean Association.

Die omvang van die skade aan die skool kon nie dadelik vasgestel word nie.

Die skool het in ʼn verklaring gesê die skoolgeboue is ontruim en leerders is veilig van die kampus af. Koshuisinwoners word by ouers van leerders in die omgewing gehuisves. Geen lewensverlies is tot dusver aangemeld nie.

Die video is deur Herald Live op Facebook gelaai.

WATCH: Some of the school buildings are on fire at Woodridge College. More details here: http://bit.ly/2rXraep

Posted by HeraldLIVE – Port Elizabeth on Saturday, June 10, 2017

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

oumie ·

Aiai elke foto van die geboue in die verwoestende brand ruk n stuk van my hart uit en dit pyn so praat ek nie eers oor lewens wat te vroeg weggegryp is nie as daar wel iemand agter die brande sit hoop ek hulle word verswelg in die vuur so kan dit netsowel n natuurfrats wees. Staan sterk my mense ons sal weer met God se genade opstaan Amen

Johan. H. ·

Gebruik Bambi buckets saam met die salm se helikopters , daar is genoeg water in die see. Of is die helikopters nie diensbaar nie,,, Of kan die vlieeniers nie vkieg as daar bietjie wind is nie, Dis mos n goeie tyd vir n bietjie opleiding,,,,

Penellope Jones ·

Ek glo regtig nie dat dit ‘n geval is van ‘”‘n bietjie wind” nie – dit was ‘n stormsterk wind en wraggies nie die tyd vir opleiding nie.

Dit was ‘n ernstige situasie waar menselewens ens in gevaar was en dan oefen mens nie.
Mens tree op met volle verantwoordelikheid teenoor slagoffers EN vlieeniers want as hulle in die moeilikheid beland, wat dan?

Die vlieeniers het ook lewe, ‘n lewe wat hulle aanwend in tye soos hierdie waar hulp dringend nodig is.

Ander Annie ·

Sodra dit veilig is en die “bietjie” wind gaan lê het, sal hulle aangaan en ja. seewater het al baie brande geblus, selfs in die Kaap wanneer die berg brand. ‘n Gebou kan vervang word, ‘n lewe nie.

Ai ·

Al daaraan gedink dat die rook dit dalk onsigbaar maak? En die winde wat ek op videos gesien het, kan definitief nie as”bietjie wind” beskryf word nie….

Wonder net ·

Ek wonder waar het die brand sy oorsprong gekry. Skielik brand dit oral….Kyk nou Buffelsbaai…sou die vuur nou oor die see van Knysna afgekom het.. Ons wat die wereld ken kan regtig nie anders as om te wonder nie….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.