Oos-Kaapse verkeersbeamptes vas oor korrupsie

Argieffoto (Foto: PublicDomainPicture/Pixabay)

Vyf verkeersbeamptes van verskeie munisipaliteite in die Oos-Kaap en vier eienaars van ryskole is in hegtenis geneem in verband met korrupsie.

Kol. Katlego Mogale, woordvoerder van die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke), het gesê die operasie, in samewerking met misdaadintelligensie, is van Sondagaand tot Maandagoggend vroeg uitgevoer in Mount Ayliff, Mount Frere, Ntabankulu en Qumbu. Die inhegtenisnemings volg ná bewerings van korrupsie in die uitreik van leerderbestuurderslisensies en bestuurderslisensies.

“Verkeersbeamptes en eienaars van ryskole het na bewering saamgespan om die lisensies uit te reik in ruil vir kontant. Die nege verdagtes, tussen 28 en 45 jaar oud, sal na verwagting Dinsdag in die streekhof in Mount Frere verskyn op aanklag van bedrog en korrupsie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Persheks Adri ·

Dis hoekom die taxi’s ry soos hulle wil oe ee ee jy gaan koop sommer ‘n lisensie…

Gert Johannes ·

Nou soek hulle die redes vir die hoë pad sterftes, weereens korupte amptenare en onbevoegde bestuurdes, nes die grade van dese dae, gekry, maar nie verdien nie. Weet nie wat is 7×3 nie.

Pietertjie ·

As dit nie vir misdaad was nie, sou daar niks nuus gewees het nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.