Oos-Kaapse vrou, huurmoordenaar skuldig

hof-hamer

Argieffoto

ʼn Oos-Kaapse vrou en ʼn huurmoordenaar is Maandag in die Mdantsane-landdroshof in die Oos-Kaap skuldig bevind aan moord. Die vrou, Nomqondiso Tembu (53), het die huurmoodenaar, Siphiwe Wili (46), derduisende rande betaal om haar man uit die weg te ruim.

Lwando Zenzile, woordvoerder van die Valke, sê Tembu het Wili R120 000 betaal om haar man, Vusumzi Tembu, te vermoor vir die uitbetaling van sy lewensversekering.

Tembu se liggaam is op 14 Februarie 2017 naby die Sisa Dukashe-stadion in Mdantsane gevind.

Zenzile sê Nomqondiso Tembu se vriendin, Busiswa Nabi (41), het Wili glo ook gehuur om háár 41-jarige man te vermoor. “Die Valke is in kennis gestel van dié komplot en die verdagtes is in November 2017 in hegtenis geneem voordat die moord kon plaasvind,” vertel Zenzile.

Al drie beskuldigdes se aansoeke om borgtog is teengestaan.

Tembu en Wili sal na verwagting Woensdag in die Bisho-hooggeregshof verskyn om gevonnis te word. Nabi tree as staatsgetuie op.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Sarel ·

SA is blykbaar diecland waar jy die maklikste ‘n Huurmoord kan reel

Jakes ·

Sy het seker vergeet dat in SA moor hulle mense vir n selfoon en 50 sent. Sy het gans te veel aangebied.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.