2 tieners in see vermis

Argieffoto ter illustrasie (Foto: Unsplash)

’n Soektog is van stapel gestuur nadat twee tienerseuns vanoggend in die see by ’n Oos-Londense strand verdwyn het.

Craig Lambinon, woordvoerder van die NSRI, sê drie tienerseuns, almal 18 jaar oud en vermoedelik op ’n skooltoer, het omstreeks 08:45 in die moeilikheid in die water beland.

Volgens Lambinon kon branderplankryers daarin slaag om een van die seuns te red.

Dié seun is in ’n stabiele toestand na ’n hospitaal geneem vir mediese behandeling. Sy twee maats is egter steeds soek.

Verskeie soek-en-reddingspanne, waaronder die polisie se duik- en honde-eenheid, is ontplooi en tans op die toneel om na die seuns te soek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Wendy ·

Iemand het op n fb blad gesê dat hulle oppad kerk toe, twee mense gesien “float” het

JohanR ·

Se nie dit is soe nie, maar kon die kinders swem? Hulle kon miskien swem, maar ‘n rip gety het hulle gesleep.

Karlahari ·

Oos Londen se kus lyn is kilometers lank van Kidds Beach tot verby Gonubie.
By watter een van die strande?

Rina ·

Om in die see te swem??? Ai jong mense dit bly n risiko ……. asb daar moet swembaddens wees. Jammer vir die ouers ……….

jakes ·

Tragies dat so iets moes gebeur. Maar n mens swem nerens in die see as daar nie bakens en lewensredders aan diens is nie. Waar was die persone wat toesig moes hou?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.