Oos-Londen-paartjie skuldig aan dwelmhandel

Argieffoto ter illustrasie (Foto: SAPD)

Jonathan du Plessis (39) en Lesley-Anne Schultz (43) is Vrydag in die landdroshof in Oos-Londen skuldig bevind op ʼn rits aanklagte wat met dwelmhandel verband hou.

Die Valke se narkotikaburo en provinsiale misdaadintelligensie het ondersoek ingestel ná inligting ontvang is dat ʼn man en ʼn vrou tik aan lede van die gemeenskap verkoop uit hul huis in Buffalo Flats.

“Verskeie transaksies is op 23 Junie en 24 Junie 2021 waargeneem waar tik verkoop is. Hulle is op 25 Junie in hegtenis geneem,” sê kapt. Yolisa Mgolodela, woordvoerder van die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke). Die paartjie is met hul eerste hofverskyning vrygelaat op borgtog van R500 elk. Hulle het intussen verskeie kere in die hof verskyn totdat hulle Vrydag skuldig bevind is.

Hulle moet op 7 Januarie 2022 weer in die hof verskyn vir vonnisoplegging.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Frank John ·

Self verryking sonder om ander se verval in ag te neem.

Vicky ·

Ek is nou confused…hulle is toe wel skuldig bevind en moet weer verskyn vir vonnis oplegging,als goed en wel…,maar is hulle nou in aanhouding tot hulle vonnid oplegging of is hulle nogsteeds uot op borg tot dan?
Ek meen net dat as jy SKULDIG bevind is,moet jy mos in aanhouding gehou word tot jou vonnis? Is hulle toegesluit?

Roedolf Johannes ·

So werk ons Regstelsel beskerm die midadiger.Hoeveel gesinne is al verwoes deur sulke varke

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.