Oos-Londen-polisiekaptein geskiet

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Polisiebeampte van Oos-Londen wat nie aan diens was nie is Woensdagmiddag geskiet en gewond toe hy glo twee verdagte mans wou aankeer.

Kol. Sibongile Soci, polisiewoordvoerder van die Oos-Kaap, het Donderdag gesê die beampte, kapt. Ngxovu, was steeds in sy uniform en het in sy privaatvoertuig naby die Oriental Plaza gery toe hy omstreeks 16:30 twee verdagte mans opgemerk het. Een van die mans het ʼn vuurwapen in sy hand gehad en hy het hulle agtervolg.

“Ngxovu het naby Braelyn Industries uit sy voertuig geklim, waarna een van die verdagtes op hom losgebrand het voordat hulle gevlug het,” het Soci gesê.

Ngxovu is in sy onderlyf gewond. Hy is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir behandeling. Volgens Soci is hy in ʼn stabiele toestand.

“Ons kan in die stadium nie oor die motief vir die skietery bespiegel nie. Die polisie ondersoek ʼn saak van poging tot moord,” het Soci gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.