Die raadslid, wie se naam weerhou word ingeval daar strafregtelik teen hom opgetree gaan word, kan moontlik aangekla word van poging tot moord nadat hy sy seun Sondagmiddag tussen 14:00 en 15:00 tydens ʼn vermeende voorval van huishoudelike geweld geskiet het.
Kapt. Stephen Marais, polisiewoordvoerder, het Dinsdag aan Maroela Media gesê die seun het glo ná ʼn vurige argument petrol in die huis, waar hy saam met sy ouers in die Buffalo Flats-woonbuurt woon, gegooi en aan die brand gesteek.
“Die brand is geblus, maar die seun het intussen nog ʼn brand in die huis begin waarna die man twee skote op sy seun gevuur het,” het Marais gesê. Die seun is in albei sy bene getref.
Die seun is op aanklagte van brandstigting in hegtenis geneem en word onder polisiebewaking in ʼn plaaslike hospitaal behandel. Sy naam mag nie bekend gemaak word voordat hy in die hof verskyn het nie.
Marais het voorts gesê ʼn saak van poging tot moord is teen die raadslid aanhangig gemaak, maar dit is standaardprosedure.
“Die raadslid is nie in hegtenis geneem nie. ʼn Dossier is wel oopgemaak en sal ná ons ondersoek aan die senior staatsaanklaer gestuur word sodat die staat kan beslis of daar strafregtelik teen die raadslid opgetree gaan word en of hy onder die omstandighede reg opgetree het om sy eie lewe en sy eiendom te beskerm.”
Die polisie het op die vuurwapen beslag gelê en vir ballistiese toetse na Port Elizabeth gestuur.
Ek voorspel, die ballistiese afdeling gaan vind daar was twee skote afgevuur wat die brandstigter in die bene getref het. Waar’s my Nissan wat ek wen deur reg te voorspel?!
Ek het jou kommentaar nou baie geniet Pierre. Raak voorspel maar die Nissan is ‘n foefie!
Agge-nee. Hierdie valse beloftes van huise vir almal, werk vir almal en dat daar gekyk word na al die krisisse en Nissans wat gewen kan word moet nou stop gesit word!!!
En dit was met die vuurwapen geskiet!
Ai die kinders van vandag..
Mag nie hulle n pak slae gee nie..
Mag nie op hulle skiet nie..
Jy dink jy gee jou kind n goeie opvoeding, en die dag as hul groot is en nog steeds in jou huis is dan moet jy begin vrees vir jou lewe, of hul gee jou hel op aarde en as jy hul nie kan voorsien op enige iets wat hul vra nie dan moet jy hoor hoe sleg is jy en wat het jy as ouer gedoen. Maar was pakslae nie weg gevat nie, dan het jy nog dissipline in hierdie land gehad. Maar die regering wil als met n pilletjie of 10 regmaak. of sielkundiges wil geld maak want dis waarvan hul lewe…. Ek sê bring terug pakslae en dissipline en ons sal n beter toekoms he…EN net een vraag. Wat dink jul sal gebeur as die doodstraf terug gebring word…..Hoeveel massa swart sal sterf??