Oos-Rand-seun glo by park ontvoer

Argieffoto

Argieffoto

Die polisie is steeds op soek na ʼn sesjarige seun wat verlede week in Katlehong aan die Oos-Rand verdwyn het.

Kagiso Mokwena het op 9 Januarie omstreeks 12:00 verdwyn terwyl hy vermoedelik saam met maats in ʼn park gespeel het.

“Daar word beweer dat ʼn onbekende vrou hom op sy naam geroep het terwyl die kinders gespeel het,” het kapt. Augustinah Selepe, polisiewoordvoerder, gesê. “Sy het aangebied om vir die kinders suigstokkies te koop. Sy het vir die maats geld gegee, waarna sy saam met Mokwena weggestap het.”

Selepe het gesê daar is nog nie nuwe verwikkelinge in die saak nie, en die ondersoek duur voort.

Lees die opvolgberig hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.