Oosthuizen maak prettige video ná hy ‘slam’ behaal

Louis Oosthuizen. Foto: AP Photo/Chuck Burton

Louis Oosthuizen het ʼn prettige video gedeel nadat hy Sondag ʼn “loopbaan-slam” behaal het in die Amerikaanse PGA-kampioenskap.

Oosthuizen, die Britse Ope-kampioen van 2010, se tweede plek is sy vierde in ʼn major-toernooi. Hy het intussen sewe plekke op die wêreldranglys opbeweeg en is nou in die 20ste plek.

Die 24-jarige Justin Thomas het sy eerste major-titel gewen met twee houe minder as Oosthuizen.

Oosthuizen (34) het sowat R10,4 miljoen in die sak gesteek vir sy tweede plek en ook weer sy nommereenposisie op Suid-Afrika se ranglys ingeneem nadat Charl Schwartzel teruggesak het tot 25ste in die wêreld.

Branden Grace is steeds 33ste op die lys terwyl Dylan Frittelli een plek opgeskuif het na die 84ste posisie. Brandon Stone het twee posisies afbeweeg tot op 99ste.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Theo van Rooyen ·

Oulik Louis, jy’t sin vir humor! Hy is n fantastiese ambassadeur vir SA en sy prestasies op die golfbaan is merkwaardig.

Leon Oosthuizen ·

DIt is mos nou ware en lekker sportmangees. Lekker Louis, en nog beter daai hou van teen die boom af !!
Wys net………………boer maak ‘n plan nê.

Susan ·

Het nie geweet jy kan sing ook nie, Louis?! Dit het my waarlik lekker laat lag!! Wel gedaan, jong man! ‘n Goeie humorsin is ‘n uitstekende karaktertrek!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.