Op pad Heathrow toe? Maak seker van jou vlug

Die Heathrow-lughawe in Londen. (Foto: pixabay)

Amptenare van die Heathrow-lughawe in Londen en vakbondleiers is besig met ʼn laaste verbete poging om ʼn staking by Europa se besigste lughawe af te weer.

Veiligheidswagte, brandweerlede, ingenieurs en drywers by Heathrow beplan om ʼn minuut na middernag te begin staak as onderhandelings misluk. Die lughawe het ter voorbereiding van ʼn moontlike staking reeds meer as 170 vlugte wat vir Maandag en Dinsdag geskeduleer is, gekanselleer.

Lede van die vakbond Unite het ʼn aanbod van die hand gewys wat Heathrow-amptenare sê voorsiening maak vir ʼn 7,3%-salarisverhoging oor twee en ʼn half jaar.

Die vakbond sê hy is gefokus op ongelykhede tussen werkers wat dieselfde werk doen en ʼn “onaanvaarbare” salarisverskil tussen werkers en Heathrow se uitvoerende hoof, John Holland-Kaye.

Heathrow sê hy sal op die stakingsdae steeds operasioneel wees, maar dat toue waarskynlik langer as gewoonlik gaan wees.

Die lughawe het passasiers ook gevra om hul lugrederye te kontak vir besonderhede oor vlugte.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

George in Bloem ·

Dalk moet die plaaslike unies mooi kyk daar hoe lyk ‘n ordelije staking,as daar ooit so iets bestaan,maar ten minste sal vullisblikke nie oral uitgegooi word nie,eiendom aan die brand gesteek en beskadig word nie en mense wat nie saamstem aangerand word nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.