Op pad met vakansie? Hierdie strande word geraak

(Foto: pixabay)

Pres. Cyril Ramaphosa het Maandagaand verskerpte regulasies aangekondig om die tweede vlaag Covid-19-infeksies te help stuit.

Die Sarah Baartman- en Tuinroete-distrik is tot koronavirus-brandpunte verklaar en een van die maatreëls is die sluiting van sekere strande. Volgens Ramaphosa is groot skares mense wat op vakansiedae na strande en parke stroom een van die grootste oorsake vir die verspreiding van die virus.

“In die gebiede met die hoogste infeksiekoers sal strande en openbare parke vir die duur van die feestyd van 16 Desember tot 3 Januarie gesluit wees,” het Ramaphosa gesê.

Alle feeste, musiekproduksies of ander regstreekse vertonings by strande word verbied.

Plekke wat deur dié aankondiging geraak word is:

Tuinroete:

Strande op die Tuinroete-distrik word gesluit van 16 Desember tot 3 Januarie.

Bitou-distrik: Plettenbergbaai, Keurboomstrand, Kurland, Kwanokuthula, Nature’s Valley en Wittedrift.

George-distrik: George, Wilderness, Hoekwil, Glentana, Heroldsbaai, Victoriabaai, Haarlem, Uniondale, Herold en Noll.

Hessequa-distrik: Albertinia, Stilbaai, Riversdale, Heidelberg, Slangrivier en Witsand.

Kannaland-distrik: Calitzdorp, Zoar, Ladismith en Van Wyksdorp.

Knysna-distrik: Knysna, Sedgefield, Brenton, Buffelsbaai, Krantzhoek en Rheenendal.

Mosselbaai-distrik: Boggomsbaai, Brandwag, Buisplaas, Danabaai, Fraaiuitsig, Friemersheim, Groot-Brakrivier, Hartenbos, Herbertsdale, Hersham, KwaNonqaba, Klein-Brakrivier, Outeniquastrand, Reebok, Ruiterbos, Southern Cross, Tergniet en Vleesbaai.

Groter Oudtshoorn-distrik: De Rust, Dysselsdorp, Oudtshoorn en Volmoed.

Oos-Kaap:

Alle strande in die Oos-Kaap word van 16 Desember tot 3 Januarie gesluit.

KwaZulu-Natal:

“Alle strande en openbare parke in KwaZulu-Natal word gesluit op wat tradisioneel die besigste dae van die seisoen is,” het Ramaphosa gesê.

Hierdie dae is 16, 25, 26 en 31 Desember asook 1 tot 3 Januarie.

Wes-Kaap, Noord-Kaap:

Ramaphosa het aangekondig alle strande en openbare parke in die Noord-Kaap en die Wes-Kaap – met die uitsondering van strande op die Tuinroete – sal gedurende die feestyd steeds vir die publiek oop wees.

Strande sal egter net tussen 09:00 en 18:00 oop wees. Die gebruik van alkohol in enige openbare ruimtes – ook strande en parke – word streng verbied.

Ramaphosa het gesê die beperkings sal vroeg in Januarie hersien word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

51 Kommentare

Baardman ·

Toe ons daar in die army was het die korporaal ons daar laat swem deur die klippe en vygies en renosterbos. Nie n baie goeie swemstrand nie.

Aai ·

Wil in elk geval nie na strande in KZN op daai dae besoek.Nou kan die strande rus en skoon bly op die dae wat altyd een groot gemors is.Amen

Die Wolf ·

Kan nie die kloutjie by die oor kry dat KZN se strande net sekere dae geluit word nie. Wat nou van die res van die tydperk? Beslis is hier n politieke oorweging. Ek is jammer maar die grys materiaal kort by die besluitnemers. Dink jy hulle gaan hulle steur aan die sluiting? Tradisioneel is dit die dae wat busse vol aangery word.Sien uit daana hoe die wetstoepaasers dit gaan hanteer. 500000 plus, in hegtenis neem?

JohanR ·

Die grys mareriaal kort al by die besluitnemers vanaf 26ste Maart, of miskien was dit ‘n dag in 1994?

johb ·

ongelukkig word daai strande net n paar spesisifieke dae gesluit

Aai ·

Dit help so bietjie maar hulle kan nou al die ander dae vol pak asof dit die dae is wat hulle moet sluit.

Charmain ·

Nie alle KZN strande is n gemors op vakansiedae nie, daar is pragtige ongerepte strande wat nie vertrap word nie, selfs op vakansiedae

Wondermaarnet ·

Nee hel, KZN strande lyk soos Germiston stasie in die oggend.

johb ·

Nou beteken dit nou dat mens kan nog op die rotse gaan visvang of wat?

Aai ·

Gaan eet maar jou vis in die restaurant hulle gaan jou op die dae wat strande gesluit is probleme gee as jy KZN toe gaan.

Die Wolf ·

Jy swem mos nie. Hoop nie hulle verwag dat jy die vis ook moet bemasker nie.

johb ·

The closure of beaches and restrictions on times of operation do not apply to fishermen for fishing purposes, who have a permit or exemption. Vanaf news24

koos10 ·

Moet net nie oor die sand stap nie!
Kan julle nog onthou wat in die Kaap gebeur het?

Jaco ·

Tradisioneel begin die Tuinroete by die Gouritsrivier, maar dis nou gebaseer op info van my skooljare 35 jaar gelede. Gouritsriviermond se strande sal dus steeds oop wees.

Baardman ·

Nou moet ons op die hitte van die dag op die strand stap, belaglik. Voor 9 is jy dus in gevaar, maar 5 minute later is jy veilig.

Eltan ·

Ek verneem Baardman verwys na die virus wat tussen 9 en 6 daagliks sy rus tyd is en dan na 6 in die aande tot voor 9 op die strande mens le en inwag soos n skelm…lmga

Kompas ·

Daar gaan die Tuinroete se ekonomiese inspuiting. Weet van baie mense wat nou hul vakansieplanne kanselleer. Ons self is in Mosselbaai. Kan darem vir see kyk.

Marianna ·

Nou gaan die Kaapse strande oorstroom word oor die feestyd. Al die mense wat na die Tuinroete of Oos-Kaap se strande oppad was gaan nou ‘n draai in die Kaap kom maak.

Pietertjie ·

Nou gaan daar ‘n samedromming wees net buite die ingeperkte gebiede

johb ·

Sekerlik is hierdie onwettige diskriminasie, waarom word Durban se strande net sekere dae toegemaak terwyl tuinroete heeltyd toe is? Dis belaglik. Dis nou tyd dat Afriforum die DA VF Plis en almal wat redelike IK het die regering voor die hof daag.om die strooi nou te stop?!

Eric ·

Interessant ,so Oos Kaap regering het basies gewag totdat meeste mense reeds op pad is of besprekings reeds met familie vir kersfees by Strande gefinaliseer voor hulle weer drakonies geraak het oor die scamdemic virus

Wat op dees Aarde ·

Jou “scamdemic” het my 28 jarige sportiewe en gesonde swaer se lewe gekos. Dra jou masker, of beter moenie; kom ons kyk of jy oorleef.

Pieter ·

Hengel-Klubs en 4×4 entoesiaste moet versoek tot regering rig dat sekere gedeeltes van die strande naby elke see-vakansiedorp oopgestel word vir voertuie en net streng regulasies wat spoed betref toepas, bv nie vinniger as 20 km per uur . Namibia het geen probleem daarmee, en trek derduisende mense met hul toeganklike strande vir voertuie. Dit gee Namibia ook ‘n geweldige toerisme inkomste.

MakersMark ·

Dan kan al die tawwe tiere nog voëlneste en ander lewe op die strande vermink en verjaag.

Pretorianer ·

Ek sit op die oomblik op Hartenbos se strand. Die naaste mense is 30m van my af. Hoe gaan ek die virus optel? Maar as ek winkel toe gaan, is daar baie mense om my. Uiters belaglike reelings. Klink vir my polities.

Oom Hennie Pennie ·

Dis net om die kwynende toerisme bedryf die finale slag toe te dien!

gatgogga ·

Ek dink die comrades het weereens vir ou Cyril opgesteek om belaglike reels te proklameer, sodat hy weer in die stof kan byt.

Johann ·

Ja shure. So asof die polisie enigsins die massas “fellow south AFRICANS” gaan kan beheer?

Charmain ·

Almal word nou gestraf oor n paar (duisend) wat nie ore het nie. Daar is baie strande in KZN waar daar skaars besoekers is, self op vakansiedae.

Niklaas ·

Gaan die SAP kan optree teen derduisende “our people” strand besoekers op enige van die genoemde dae? Ek twyfel.

JohanR ·

Ramaphosa het gese die ANC sal vroeg in Januarie @Voertsak!

JohanR ·

Is nie OP die strand in KZN wat jy op 25de December en 1ste Januarie siekte vang nie, maar IN die see!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.