Op parool verkrag en moor hy glo

handcuffs‘n Veroordeelde verkragter wat op parool was, is in hegtenis geneem nadat hy glo ‘n 14-jarige meisie verkrag en vermoor het.

Kapt. Jackson Manatha, woordvoerder van die polisie, sê die 40-jarige man het Maandag in die Willowvale-landdroshof in die Oos-Kaap verskyn en die saak is tot Dinsdag uitgestel.

Die man is Saterdag in hegtenis geneem nadat Dokhasi Ncancayi (14) se liggaam vroeër die dag in ‘n veld gevind is. Die verdagte is deur gemeenskapslede voorgekeer en aan die polisie oorhandig.

Manatha sê die verdagte het die meisie glo Vrydagaand verkrag en vermoor.

Die verdagte is voorheen skuldig bevind aan die verkragting van ‘n 10-jarige familielid en is tot 18 jaar tronkstraf gevonnis. Hy het sewe jaar tronkstraf uitgedien voor hy op parool vrygelaat is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Trippie ·

Ek kan die vrylating van verkragters NIE verstaan nie. Rehabiliteer hulle ooit – is dit enigsins moontlik ?

job jobson ·

Verkragters sal nooit rehabiliteer nie,hulle lus na seks is ONVERSADIGBAAR.

AmY ·

Jy sal hulle nooit kan rehabiliteer nie. Om mee te begin, hoe weet jy ooit hulle is gerehabiliteer?

Daar is mos nie babas en kinders en tieners saam hulle in die tronk nie?

Hoe op dees aarde kon hy almal ‘n rat voor die oë draai en oortuig hy het verander en is genees van sy nare drange en dade?

Nee!!! GEEN PAROOL ooit vir verkragters en moordenaars.

monique duxbury ·

Sal die ouers asb die regering verantwoordelik hou vir hul kind se dood……dagvaar hulle vir miljoene.dis al hoe hulle gaan leer..

G de Wet ·

As ek sou se , kom ons keer terug na God se Wet , sou julle se ja , in die geval ? Mooi so ! Ons het al gevorder , wat van die moordenaar wat nou elke dag op TV is ? Of verdien hy n tweede kans ? of moet ons hom nie oordeel nie ? Doodstraf vir moordenaars , verkragters , menseroof (ontvoering) en homoseksuele . Dis alles daar . Die goeie ou Boek . Dis jammer as die’ nou nie geplaas word nie omdat ek diskrimineel (spel ek dit reg). teen n minderheid . Die regte verteenwoordiger op die regte plek en TAADAA , moordenaars en verkragters kan ook deurgaan as minderheidsgroepe . Man waar het alles verkeerd gegaan ?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.