Die opbrengs van R2 436 795 is in die staat se herwinningsfonds vir kriminele bates inbetaal. Die NVG het Woensdag gesê daar word beweer dat die plaas aan Malema behoort het as deel van ʼn geldwassery-skema. “Die verkoop van die plaas was die gevolg van ʼn verbeurdverklaringsbevel wat deur die NVG in Maart 2013 bekom is,” het die NVG in ʼn verklaring gesê.
Die plaas in Polokwane was in die naam van Gwama Properties (Edms.) Bpk. geregistreer, maar Malema was glo die ware eienaar van die grond. “Die hof het bevind die eiendom is bekom met die winste van [bedrog en geldwassery] teen die Limpopo departement van paaie en vervoer,” het die NVG gesê.
Die R2,5 miljoen wat vir die plaas verkry is, sal aan wetstoepassingagentskappe besorg word om misdaad te beveg. Die NVG het gesê die verbeurdverklaringsbevel was deel van die werk van ʼn teenkorrupsie taakspan wat uit die NVG, die Valke en die spesiale ondersoekeenheid bestaan.
© RDM News Wire
bla bla bla ,nog geld om te steel
Hoeveel “wetstoepassingsagentskappe” is daar in Suid Afrika? Hoeveel MAG daar wees volgens die konstitusie? Om verdagtes te arresteer, agter ‘n voertuig te sleep, te laat ontsnap uit aanhouding, met jou vuurwapen……en ‘n 6% sukseskoers te handhaaf met skuldig bevinding…is NIE misdaad beveg nie?
Stem saam Johann. Koop net meer voertuie en verder gebeur niks.
Loop meer voertuie en skryf hul af om die eerste draai…
Wat van die kostes van hulle vuurwapens wat hulle altyd “verloor”?
“Bedrog ! Geldwassery! Wow em vandag sit hy in die Parlement!! Ha ha ha wat ‘n goeie klomp wetsroepassers het ons
Geen skaamte of skuldgevoel nie?
Wat se dit van iemand se persoonlikheid?
Verryk jouself ,ten koste van jou eie mense.!
Is Malema die middelpunt waarom die wereld draai?
Meneer, jy sal met n taamlike skok wakker word.
Ons land is ‘n sirkus!!!!!! Nog meer vir WIE om te steel!!!!!! Wat ‘n grap en skande!!!!!! vir ons SA!!!!
Ons Suid-Afrika . . . Hulle moet liewer hierdie land se naam na Zimbabwe Extension verander totdat dit weer waardig is om Suid-Afrika genoem te word!