Ope brief aan president oor grondkwessie: ‘Jy vat ons toekoms weg’

Cyril Ramaphosa. Foto: Flickr/GovernmentZA

Die Suid-Afrikaanse Instituut van Rasseverhoudinge (IRV) het pres. Cyril Ramaphosa in ʼn ope brief gemaan om eiendomsreg in Suid-Afrika te beskerm.

Dít in ʼn poging om die voorgestelde wysiging van die Grondwet om onteiening sonder vergoeding moontlik te maak, te kniehalter. Die regering is tans besig met landwye openbare vergaderings oor die voorgestelde wysigings aan die Grondwet. Die verhore word deur die parlement se gesamentlike grondwetlike hersieningskomitee gelei. Daar sal 36 vergaderings oor die volgende ses weke in elke provinsie gehou word.

Dié brief is die derde been van die IRV se veldtog teen onteiening sonder vergoeding. Daar is tans van die instituut se personeellede in Europa en Amerika om internasionale steun te werf vir die beskerming van eiendomsreg. “Help húlle en neem deel aan dié derde been en vertel vir pres. Ramaphosa hoe jy voel.”

Die IRV het die publiek gevra om op die instituut se webwerf hul name onderaan die brief by te voeg en sodoende die brief te steun.

Die brief hou verskeie redes voor hoekom die IRV meen onteiening nie ʼn goeie plan is nie.

“Daar is miljoene mense wat net soos ek hard werk en ons swaarverdiende geld en vaardighede belê om die ekonomie te help groei, nuwe ondernemings te begin en die werk te verskaf wat ons land nodig het om miljoene uit armoede en werkloosheid te lig, maar jou dreigement om dít waarvoor ons so hard gewerk het net weg te neem sonder vergoeding sal dit moeilik maak vir my om aan te hou om dit te doen. Ek weet nie hoe die regering verwag ons moet aanhou risiko’s waag en soveel van onsself belê as alles net weggeneem kan word nie,” lui die brief.

Die brief voer ook aan die IRV glo nie dat onteiening sonder vergoeding ʼn opregte toewyding aan grondhervorming is nie. “As die regering omgegee het daaroor om swart kommersiële boere te ondersteun sou hulle hul gefinansier en die aktes tot hul eie plase gegee het.”

Die IRV beweer ook die grond wat die regering van plan is om te onteien, sal nie aan swart mense gegee word nie, maar deur die staat besit word.

Die IRV meen die regering begin bang raak vir hul eie mense en probeer om hul woede te herlei met die belofte om grond weg te neem sonder vergoeding.

“Die formule agter ons land se aanvanklike sukses is maklik om te verstaan, naamlik ʼn markekonomie en respek vir eiendomsreg wat hoër vlakke van belegging en gevolglik ekonomiese groei, belastingstrokies en werkskepping moontlik gemaak en gelei het tot merkbare verbeterings in lewenstandaarde. Oor die afgelope dekade het ons land se leiers dié trajek gesaboteur. Die belasting wat deur soveel hardwerkende mense, ryk of arm, betaal is, is gesteel of gemors.”

Die IRV het afgesluit en gesê miljoene mense is toegewyd daaraan om die land te herbou en doen alles wat hulle kan om geleenthede vir mede-Suid-Afrikaners te skep. “Niks sal my gelukkiger maak as om ʼn toekoms te bou waarin al ons kinders saam kan lewe in ʼn welvarende en stabiele samelewing nie, maar jou onteieningsbeleid sal daardie toekoms van ons af wegneem. Asseblief, hoor ons en moenie ʼn beleid van onteiening sonder vergoeding aanneem nie.”

Lees die volledige brief hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Nika ·

CR is doof en blind vir ons wense as wit mense, hulle wil hê ons moet soos Zimbabwe opeindig. Hy is maar net nog n Mugabe wat wit mense haat en al die geld wat ons land te offer het wil vat vir homself.

Frans ·

Om ons van ons grond of eiendomme te beroof sal nie die anc se swakheid verbloem om SA te bestuur nie niemand sal baat van onteining nie die staat wil alles besit komministiese staat,geen vryheid nie soos Zim wat verval het tot niks.Ons menseregte word aangetas deur die tipe van wan begrip van ons regte.Leer die mede SA hoe om verdraagsaam te wees teenoor ander groepe.Daar bestaan nie rassisme nie dit is hoe jy in jou hart voel teenoor kleur of persoon.Dit is wat ń persoon aan jou doen wat jou die rassisme idee geen. Ons wil nie in ń staat bly waar daar deur politieke wangebruik van ons gelde die blankes nou beskildig word soos deur swartes verkondig word nie.Hou op met grond vergrype en kry samewerking van al ons mense.Stop grond vat sonder betaling en gebruik die staatsgrond om julle beloftes na te kom teenoor julle mense dankie kom ons stop al die haat spraak en beweeg vorentoe.

garrie kleinhans ·

CR is nie die Messias soos baie dink nie……wanneer die plase of ander grond gevat word vat hy en sy comrades die bestes…watch this space

White Rhino ·

Hy voel vere. Hy dink net aan sy paddapot al skiet hy S A in die voet.

Chris Ws ·

Ramaphosa is baie goed opgelei deur die Russe in die 1980’s.Luister maar hoe mooi praat hy!Hy is vrek slu en BAIE slimmer as Zuma maar presies dieselfde – hy gee NIKS om vir ‘n blanke persoon nie.Hierdie openbare vergaderings oor die wysiging van die grondwet is
net ‘n oe verblindery en nutteloos.Die regering het klaar besluit wat hy gaan doen met die grondkwessie – kyk maar!

Sarel ·

Hulle gee nie eens vir hul eie mense om nie waarom dink ons hy sal vir wit mense en hul mening n oor he ? Die houding is dat ons lewe vir vandag en more sorg vir homself .

Eie wil ·

Daar het jy dit nou, Is die ANC redelik of nie. Geen regdenkende regering sou so op getree het nie. Ons almal, Indier, San Kleurling, Swart, Wit, Italiaaner, Europier, Portugees, is deel van Suid Afrika, Wat ookal die verlede, die is tipies rasse haat. Dink so n bietjie ,mense, wat het die anc, ivp, cope en ander gedoen toe die NP hulle hul eie tuislande gegee het om te ontwikkel? Wat het van selfbeskikking geword of mag ek nie vra nie. Wit mense en veral die afrikaner, word gemarganaliseer en in n blik gedruk deur die Anc. en EFF. Daar is geen rede om die konstitusie oor grond besit te verander nie, ons is, en was nog altyd almal Suid Afrikaners.

Pikkewyn ·

Dis al so lank na apartheid ERA hoekom het die wat so graag grond wil afvat nie destyds vir hul n stuk grond gekoop en self begin opbou nie nou wil hul die grond hê wat opgebou is net om dit weer af te breek!!!!!!

Andre ·

Dink julle vir een oomblik hy gee om? Net soos Mmusi omgee vir wit mense?
Word wakker.

Vermeendes ·

Almal sit en wag vir die een of ander organusasie of party om sy stem dik te maak maar hulle is stil en speel die ANC game.
Ek kan julle belowe, dit gaan oorlog wees!

Anner Anton ·

Die enigste goeie ding uit hierdie brief is dat ons eendag kan se ons het mooi gevra en gepleit…

Sussie ·

HOEKOM MOET ONS HOM SOEBAT VIR ONS EIE HARDWERKENDE STUKKIE GROND!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!! dit is ONS eiendom

Dries ·

Mnr di President
Kom ons verander jou velkleur vir n tydjie na wit…
Hoe sou u gevoel en reageer het, om al di eiendom (en buffels) wat u oor etlike JARE bymekaar gemaak het (net gekry, NIE daarvoor gewerk ni…)
net eenvoudig “af te staan”, SONDER enige vergoeding???

Nel ·

Daai foto van die prez hierbo spreek boekdele…hy lyk heel ingenome met homself. Maar ek wonder of hy al gesien het watse gemors ‘n drukkoker veroorsaak as die deksel afskiet…

B. ·

ONTHOU JULLE DIE:
In his brutal honesty, Ramaphosa told me of the ANC’s 25-year strategy to deal with the whites: it would be like boiling a frog alive, which is done by raising the temperature very slowly. Being cold-blooded, the frog does not notice the slow temperature increase, but if the temperature is raised suddenly, the frog will jump out of the water. He meant that the black majority would pass laws transferring wealth, land, and economic power from white to black slowly and incrementally, until the whites lost all they had gained in South Africa, but without taking too much from them at any given time to cause them to rebel or fight.

liz ·

Ons kan skryf tot ons blou is, die skrif is aan die muur…………

Dit Kom ·

Jip oorlog gaan daar oorlog wees.
Dit kom dalk kort voor lank.

adriana ·

Daar gaan ‘n oorlog kom – en hoe gouer dit verby is hoe beter sodat die kaf van die koring geskei kan word en ons kan aangaan met ons lewens soos wat ons verkies.

bgj van der westhuizen ·

wel as hulle dink hulle gaan alles net kry gaan daar in groot verasing wees

Deon Koegelenberg ·

Ek is regtig jammer maar ek dink nie die ANC kan hierdie land regruk want die enigste tyd toe dinge nog besig was om in plek te val was toe Madiba nog die president was en van daar af loop ons afdraand en raak ons al meer in die skuld en die pryse klim net aanhoudend [soos petrol bv] . Nou wat ons op die afdraande pad beland het hardloop die trein net al vinniger om oor die afgrond te stort en ja ek het dit ook al voorspel soos ander glo ek daae gaan nog wapems opgeneem word en bloed sal vloei

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.