Ope brief aan SuperSport oor sportkwotas

(Foto: Facebook via Derick Hougaard)

AfriForum het vandag ’n ope brief gerig aan Gideon Khobane, uitvoerende hoof van SuperSport, waarin Khobane versoek word om SuperSport se beleid ten opsigte van spraakvryheid op skrif te stel.

Dít volg na nuusberigte die afgelope naweek dat SuperSport nie meer van die oud-Springbok Derick Hougaard se dienste gebruik sal maak nie, glo nadat hy die kwotastelsel op Twitter gekritiseer het. SuperSport het die gerugte oor die redes hiervoor ontken.

Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, skryf in die brief dat daar onduidelikheid bestaan oor wat SuperSport se standpunt ten opsigte van spraakvryheid is. Die gevolgtrekking wat gemaak kan word, is dat geen kritiek op die politieke agenda van die regerende party by SuperSport geduld word nie. “As dít die geval is, kom dit op ’n growwe skending van spraakvryheid neer,” sê Kriel.

Kriel voeg by dat, hoewel rasgedrewe transformasie in die vorm van verteenwoordigendheid en rassekwotas in hierdie stadium die polities korrekte standpunt in Suid-Afrika is, is dit belangrik om daarop te let dat dié standpunt nie net immoreel is nie, maar dat die beklemtoning van rassekwotas ten koste van meriete ook destruktief vir prestasie is. Die beleid kom ook op skending van internasionale reg met betrekking tot gelykheid in sport neer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

jaco ·

Sportkwotas lei nie tot wit mense se dood soos i.g.v. plaaamooorde nie. Dit lei ook nie tot wit werkloosheid en armoede soos i.g.v. regstellende aksie nie. Is n gekla oor sportkwotas dus regtig nodig?

Frik ·

Sport is deesdae professioneel, dus werksgeleenthede gaan wel verlore deur regstellende aksie.

JoeV ·

Probleem met sport en kwotas is dieselfde as regstellende aksie in profesionele poste. Die standaard verval byvoorbeeld in die lugdiens, 50 voorbeelde in Afrika, tot so ‘n vlak dit dit nie meer veilig is vir daardie lugdiens om internasionaal te vlieg nie, en word dus verbied deur die internasionale lug beheer.
In sport, verval die standaard tot die vlak dat die spanne nie meer kwlifiseer vir internasionale deelname nie. (bafana bafana) Die springbok sokker span het tot in die sewentiger jare nog teen Engeland meegeding.
Jy’s reg, dis net ‘n sport, dit is gewoonlik die uitgang punt vir die moderne propaganda om aanvaarding te kweek vir wat onaanvaarbaar sou wees andersins.
My gesin is darem SS vry al 13 jaar!! ons het oorleef!

Reinhardt ·

Was jy al ooit in n situasie waar jy weet jy die beste kandidaat is (en waar die onderhoudvoerder dit vir jou sê), maar jy word nie gekies/aangestel nie? Dit is hoekom kwotas so ‘n teur saak is. Ek was gelukkig genoeg dat ek iets gaan swot het wat skaars is, dus het ek myself verseker van werk en n toekoms. Maar nie almal is so gelukkig nie.

koos ·

ek was al in ‘n situasie waar ek die beste kandidaat vir ‘n werk was, maar ek het dit weens my “verkeerde” velkleur nie gekry nie. Nadat daar vir my boonop gesê is dat my universiteitsgraad “net ‘n glorified matriek” is, het ek my universiteitsgraad AFGEHAAL van my cv af en my werksondervinding aangepas volgens die arbeidsmark en volgens dit wat ek wel kan doen en volgens dit wat ek waartoe ek weet ek in staat is. Dit het gewerk: uiteindelik het ek wel ordentlike werk gekry. MAAR ek dink steeds waar ek kon gewees het sonder regstellende aksie en raskwotas.

snoefie ·

vir die liefde van Sannie!! wanneer gaan julle leer as eposse opduik waarin swart helde se heldedade met staatsgeld en kontrakteurs aan die lig kom, dan is dit onwettig bekom. as witmense dom genoeg is om hulle eie private gedagtes op openbare media te plaas, word dit n internationale insident. deel jou gedagtes in jou huis met jou hond. bly van fb, twitter en ander openbare media weg. leer uit ander se foute. moenie net aanvaarbaar jy is bo anc veroordeling verhewe nie.

Johan Swanepoel ·

Ek stem heel hartig saam, maar so raak ons ook al stommer, kan nie meer ‘n woord uiter nie

Johan Swanepoel ·

Met my heel hartige samestemming het ek bedoel bly weg van Twitter en FB, gebruik Maroelamedia.

Tiger ·

SuperSport gaan almal uitlag en net maak wat hulle wil.Bewys my verkeerd.

Spur ·

Ek dink nie Supersport het enige iets om oor bang te wees nie, ek wil nog sien/ twyfel sterk of die mense ” ‘n SPUR” (aka boikot) op Super sport sal trek, imagine mense moet DSTV boikot, Die Rugby ? god is gans te groot in die land, dus sal Supersport nie hoef bang te wees nie :) ;)

De la Rey ·

Dis belangrik om op te staan vir wat reg en billik is. Transformasie is ‘n politieke ideologie en het nie ten doel om almal gelyke geleenthede te bied nie, maar juis onbillikheid te bevorder. Dis ook dikwels ‘n dekmantel vir korrupsie.

Dit herhinner aan liberalisme wat assosieer word met vrydenkendes maar in werklikheid geen teenspraak of debat duld nie,

M.a.w. dis net ‘n ander vorm van onderdrukking waarin die wat die mag het hulle wil op jou wil af forseer. Nelson Mandela het gesé dat niks onmoontlik is wanneer mense saamstaan nie. Enige-iets kan oorwin word. Afriforum se standpunt teen transformasie is ‘n belangrike stap om die gemeenskap te mobiliseer teen minagting van minderhede se regte en die gebrek aan moraliteit van groot korporasies bloot te stel.

Sterk staan Afrikaners, die wiel draai (al is dit stadig).

Rupert Ashford ·

Dankie De La Rey, jy raak so baie waarhede kwyt in relatief min woorde hierso.

Wessie ·

Lyk vir my Derick het nou maar net die vermoeë om in al die sfere van sy lewe moeilikheid op te tel.

edward ·

1. Sport kwotas is oor en oor bewys dat dit n ras gedrewe ideologie is en niks anders nie
2. Geen sportmens will op kleur gekies word nie
3. Standaard van sport verswak onder die ideologie

4. Kan iemand vir Dereck asb vra , klim van twitter ens af. Sy hele lewe speel in die media af en hy moet nou net afbly en aanbeweeg

Delarey ·

Goed om te weet hier is iemand saam met my in die loopgraaf Rupert!

Anita ·

Derick is ‘n attention junkie. Hy is erger as ‘n jong meisie. Word groot.

Frik ·

Ja Andre ek het begin deur my dstv pakket af te skaal omdat ek nie kan sien hoekom ek op die duurste pakket moet wees net om rugby te kan kyk terwyl sokker op alle pakkette n oordosis is.

Ernst ·

Stem saam met jou. Ek kyk laaankal nie meer rugby of krieket nie, boikot dit.

Chris ·

Ons kan een ding by ons mede landburgers leer. As hulle sterk voel oor ‘n saak neem hulle daadwerkilkse aksie. Kanselleer jou DSTV. Dit is al wat jy doen. Geld praat deesdae.

Hendrik ·

Wat dink jy Chris gaan die witman dan doen Saterdagmiddag en aand as hy NIE SS op sy DSTV kyk nie? Jy moet tog nie hierdie vra vir hom nie. Dit sal sy grootste straf wees!

Pietman ·

Kwotas verlaag ons rugby standaarde.Hoekom? omdat swart spelers swakker is? Nee, al was daar kwotas vir rooikoppe in die span sou dit ons rugby nogsteeds verswak het. Veral as rooikoppe nie regtig in rugby belangstel nie. So sou kwotas engelse en kwotas afrikaners ook ons rugby verswak want heelwat talentvolle spelers word dan op alle vlakke uitgelaat. Dit verklein dus ons poel spelers van gehalte. Dit help ook spangees deur te weet elke speler in die span is op meriete gekies. Op hierdie stadium moet ‘n swart speler wonder om watter rede hy daar is.

Manie ·

Ek is n groot ondersteuner van rugby en krieket. Ek het my pakket verklein waar ek nie meer die sport kan sien. Ek verstaan nie hoekom DStv diskrimineer teen mense wat rugby en krieket kyk. Hulle moet die duurste pakket hê om na hulle sport te kyk. Ek’s nou gewoond sonder die sport. My volgende stap is om DStv te kanselleer

KK ·

Hoekom leer die mense nie!! Dit help nie jy sit jou gevoelens op FB , Twitter nie…

As dit nie Derick is wat homself in voet skiet op FB nie dan is dit Amor wat haar vuil wasgoed met die wêreld deel. Gaan sien ‘n sielkundige en praat julle harte uit daar…..

En bly weg van sosiale media en die KFC en en en…

anton ·

Dink daar is niks mee verkeerd oor wat hy gesê het nie want eintelik voel ons amper almal ook so oor dit.
Waarom moet ons alewig net ons mond hou terwyl ons verdruk en vertrap word op alle gebiede?
As ons oor alles wat verkeerd is stilbly, is dit ook maar n soort van ”aanvaarding” van dit wat verkeerd is.

Nellie ·

Sjoe maar mense is vinnig op hulle perde. Gister het SuperSport verduidelik dat Derick op vryskutbasis aangestel is – hy verstaan seker (hopelik) wat dit beteken? Vryskut beteken hulle gebruik jou op hulle programme soos hulle wil. Derick is erger as ‘n 2 jarige op ‘n speelgrond – hulle kies my nie vir die program nie, nou stamp ek my voete en soek aandag. Dalk is SuperSport net so moeg soos sommige van ons vir verskietende sterre wat aandag soek, en met alles Huisgenoot of Twitter toe hardloop. Word groot en soek vir jou ‘n gewone werk soos die res van ons – ons stel nie in jou Twitter tirades belang nie.

Benito ·

‘n Ope brief en ope lyf het dieselfde resultaat……jy voel beter en die lewe gaan aan….niks verander drasties nie !!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.