‘Ope geheim’ dat Zuma vir Hlaudi steun

Pres. Jacob Zuma by die spesiale provinsiale begrafnis van Riot Makhomanisi Mkhwanazi, Sondag, 11 Desember 2016 in KwaDlangezwa, KwaZulu-Natal. Foto: Themba Mtshali, KZN-premierskantoor

Pres. Jacob Zuma by die spesiale provinsiale begrafnis van Riot Makhomanisi Mkhwanazi, Sondag, 11 Desember 2016 in KwaDlangezwa, KwaZulu-Natal. Foto: Themba Mtshali, KZN-premierskantoor

Die ad hoc-komitee wat die SAUK-raad ondersoek, het gehoor dit is ʼn “ope geheim” dat pres. Jacob Zuma vir Hlaudi Motsoeneng steun.

“Dit is ʼn ope geheim in die SAUK. Ons verstaan dat mnr. Motsoeneng die ondersteuning het van die president,” het die joernalis Lukhanyo Calata Maandag aan LP’s gesê. Calata is een van die sogenaamde SAUK-8 wat vroeër vanjaar geskors is nadat hulle uitgevaar het oor die openbare uitsaaier se nuwe redaksionele beleid.

Calata het getuig daar was talle gevalle waar hy mediaberigte moes doen oor Zuma waar die president in ʼn positiewe lig gestel word. Hy het gesê berigte waar Zuma in ʼn negatiewe lig gestel is, is bloot nie uitgesaai nie.

Patrick Chauke, ANC-LP, het gesê die joernaliste se getuienis het dit duidelik gemaak die mag lê by die Guptas en hulle The New Age-publikasie. “Dit is ʼn ernstige bedreiging vir demokrasie.”

Chauke het dit gesê in reaksie op vroeëre getuienis van die vryskutjoernalis Vuyo Mvoko dat SAUK-geld gebruik word om ʼn mededingermaatskappy te finansier. Hy het beskryf hoe SAUK-infrastruktuur en -personeel gebruik is om The New Age se sakeontbyt-geleenthede te finansier.

Mvoko het vertel daar was ʼn voorval in 2011 toe hy ʼn ander kant van Motsoeneng gesien het. “Hy het in die parlementêre kantoor ingestap. Hy het gesê hy verstaan nie hoekom joernaliste nie vir hom opstaan as hy by die kantoor instap nie.”

Die joernaliste wat Maandag getuig het, het gesê die situasie by die SAUK het ʼn punt bereik waar sensorskap en die “manipulasie” van nuusinhoud die norm geword het. Die joernaliste het LP’s daarvan beskuldig dat hulle nie die openbare uitsaaier verantwoordbaar gehou het nie. LP’s het dit later erken en om verskoning gevra.

Die ondersoek gaan Dinsdagoggend voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Koedoe se Bulletjie ·

Nog ‘n “oop geheim” is dat hierdie knaap se moeder Nammwan se privaat sangoma is….en dus moes die familie ook bietjie ‘n beurt by die trog kry. Hoe doen Nammawan dit toe? Hy gebruik Faith….en gee opdrag dat nog ‘n mislukte matrikulant toegelaat word om ‘n multi-miljard Rand staatsbeheerde entiteit in die grond in verniel word…terwyl die vals matrikulant sy sake vol stop. Die gange fluister ook dat die uitsaaiertjie se uitgawe sy inkomste met omtrent R100 miljoen per maand vir ten minste die laaste 6 maande oorskry het….maar niemand is benoud daaroor nie want die matriek druipeling het R1 Biljoen by die Gupta familie gekry…om seker te maak hulle brekvis word ook uitgesaai…

jean ·

Wies brood ek eet, dies woord ek spreek…….verrot of te not.

Maria Van Dieweeck ·

Smyt elke anc “leier” in die tronk. Daarna kan ons uitvind wie die paar is, wat nie gesteel het nie, dan is hul vry. Ons sal ALMAL dan baie beter leef.

Ronnie ·

Die mannetjie kom van QwaQwa af. Hy is vanaf omroeper by Radio Lesedi (as ek nou reg onthou) direk SABC toe waar hy net eenvoudig ‘n hele paar sporte van die leer misgeklim het tot bo. Volgens sy vriende en kenisse het hy klaar ‘n pos as ambassadeur as hy sy SABC kosblik inhandig.

Loeis ·

Dus is dinge vandag bietjie erger as in die dae toe die SAUK die Nasionale Party se spreekbuis was.

Rynhardt ·

Geen verrassing dat omstrede Zuma vir Motsoeneng ondersteun nie, want as bedryfshoof het hy R4miljoen p.j.gekry vir sy gehoorsaamheid as dienaar van omstrefe Zuma! SABC en talle internasionale uitsaaiers funksioneer vir jare nie onafhanklik nie, maar is gehoorsaam aan die regeerders van die dag! SABC dien as voorbeeld met die onbekwames wat al skatryker word! SABC is n verrotte vrug waar die vet wurms al hoe meer uitpeul, so peul hul ook uit in die broerderlike politieke spektrum!

Lalla ·

Ek is seker die duiwel lyk soos een van hierdie 2. Veral die een van die SAUK. 2 patetiese wesens van hierdie land. Altwee ewe korrup.

al ·

Hoeveel bewyse het die ANC nog nodig om van Zum-Zum ontslae te raak? Dalk is daar n paar koppe wat gaan waai – dis die wat hul hom met alle mag beskerm

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.