‘Openbaar ooreenkomste tussen Eskom en agterstallige munisipaliteite’

Argieffoto: Reint Dykema

Argieffoto: Reint Dykema

AfriForum het aansoek gedoen dat die ooreenkomste tussen Eskom en agterstallige munisipaliteite bekend gemaak word om te voorkom dat talle dorpe se krag afgesny word.

Die aansoek is ingedien ingevolge die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting.

“Ons wil bepaal of hierdie ooreenkomste tot voordeel van die gemeenskap is en dit is die gemeenskappe se reg om te weet wat daarin vervat is,” sê Morné Mostert, plaaslikeregeringskoördineerder van AfriForum.

AfriForum wil ook weet wat die Eskom-skuldvlakke van al die agterstallige munisipaliteite. “Dit sal gemeenskappe in staat stel om regstappe teen die betrokke munisipaliteite te doen.”

Om gemeenskappe te help met regsoptrede, het AfriForum het ʼn regsfonds geskep waarin die publiek spesifiek ʼn bydrae tot die Eskom-regstryd, wat daarop gemik is om munisipaliteite tot orde te roep, kan maak.

AfriForum het Lynne Brown, minister van openbare ondernemings, se versoek dat die kragverskaffer die afsny van agterstallige munisipaliteite se krag uitstel, verwelkom. Die burgerregtewaghond gaan egter voort met regstappe waar nodig.

Klik hier om te kyk hoe jy kan bydra.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Johanna Botha ·

Wonder of hulle by die ooreenkomste gaan hou die keer ….geskiedenis het ons mos al baie keer bewys die ooreenkomste word nie gehou nie …..miskien die keer né

Jordaan ·

Ja-nee, as die burgemeester se motor “moet” vervang word dan suig ESKOM weer aan die agterspeen!

Maria Van Dieweeck ·

Ek vertrou Lynne Brown net so min soos Eskom! Sy en haar vriendin Tina Joemat. Hierdie groep is besig om SA na die rommelhoop te stuur.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.