Openbare beskermer gestraf in hofuitspraak

Die Openbare Beskermer, adv. Busisiwe Mkhwebane. (Foto: Twitter)

Die openbare beskermer, adv. Busisiwe Mkhwebane, het haar grootste loesing tot dusver in die hooggeregshof in Pretoria op die lyf geloop – en die regters het gesorg dat sy met ’n bestraffende persoonlike hofbevel haar leuenagtigheid aan haar eie sak voel.

Regters Selby Baqwa, Leonie Windell en Annali Basson, het in ’n sterk bewoorde uitspraak Mkhwebane se bevindings oor die sogenaamde “rogue”-eenheid in die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) tydens die ampstyd van Pravin Gordhan as SAID-kommissaris tersyde gestel.

Boonop moet Mkhwebane as bestraffende maatreël 15% van die totale regskoste verbonde aan die saak persoonlik dra. Die ander 85% moet gedra word deur haar kantoor – dus die staat en uiteindelik die belastingbetaler.

Mkhwebane het in haar verslag oor die eenheid bevind Gordhan (tans minister van openbare ondernemings) het die eenheid op onwettige wyse laat stig en dat hulle strydig met die wet opgetree het.

Maar die volbank van die hooggeregshof het bevind Mkhwebane het ongeldige verslae en onbewese bewerings gebruik om bevooroordeelde beslissings te maak.

Die standaard van die verslag was “gruwelik” en die inhoud word tersyde gestel, het die hof bevind.

Mkhwebane se verslag, so bevind die hof in ’n uitspraak van 111 bladsye, misluk op elke punt en berus op irrasionele denke, met geen begronding in die feite voor hande of in die reg nie, lui die bevinding.

Haar bevindings is “eenvoudig verkeerd” en berus op “die misverstaan van die wet en die reg”.

Mkhwebane het die feite en bewyse voor hande geïgnoreer en bevindings gemaak gewoon omdat sy bevooroordeeld is jeens Gordhan en sy voormalige adjunk by die SAID, Ivan Pillay, is bevind.

Die regters bevind voorts Mkhwebane het onder eed gelieg (meineed gepleeg) en dat sy by die Regspraktisynsraad aangekla moet word, want sy is oneerlik.

Daar is tans in die parlement ’n proses, soos aan die gang gesit deur die DA, om Mkhwebane uit haar pos te verwyder. Daardie proses sal deur hierdie bevindings gesterk word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Inkpot ·

Sluit haar toe en forseer haar om weer haar regskursus te studeer.
Dis so duidelik soos daglig dat sy nie haar eksamens geslaag het nie en deurgehelp is.
Die raadseksamens is rof en min kandidate slaag dit die eerste keer.
As sy nie eers die basiese regsbeginsels verstaan nie het sy beslis nié haar eksamens geslaag nie.
Hoe op aarde het sy in die posisie beland?
Sy is regtig ń grap vir die regstelsel.

Andrew ·

Irrasionele denke, nooit. Nou is my vraag, wat is leuenagtigheid? Of jy lieg of jy doen nie . En as sy irrationeel optree om sekere te veroordeel of bevoordeel moet sy aangekla word van terrorisme, want sy ondermyn die staat vir buitelandse (zuptas) gewin.

Dup ·

Sy verskyn altyd geklee in ontwerpersklere,hare is gedoen en tydens media onderhoude is daar ñ ewe welgeklede dame wie haar gebottelde water langs die mikrofoon vir haar neersit.Neem jy al hierdie blink rookskerms weg,bly daar net ñ leë dop oor.Ek hoop die A en C gaan haar spoedig “redeploy”.

Sobymykoolkop ·

Ja ou Dup, re deploy om net die volgende kader by die trog te laat vreet, ek huil in my hart

Sobymykoolkop ·

Wat is 15% van haar astronomiese maandelikse salaris? Hoeveel is die orige 85% vir die rekening van die handjievol eerlike belastingbetalers? Hierdie regsgeleerdes is in my opinie ook maar staatskapers.

Misky ·

Al hoe hulle gaan begin luister en dalk twee keer dink, is as dit hul eie sak raak. Net jammer sy betaal net 15% en nie die 85% nie – dan sou haar broers en susters dalk gehoor gee en sien wat gebeur. Dis kleingeld vir haar

Sarel ·

Wel klink vir my edn Zumaliet wat nie gaan wegkom met alles nie.
Maar die volgende aanstelling gaan maar selfde wees

Petrie ·

Dit lyk my dit is ONMOONTLIK om iemand soos hierdie persoon aangekla en gevonnis te kry. SA is defnitief n droom werkplek vir korruptes, kriminele en rassistiese mense.
Zondo kommissie is n grap wat verdere miljoene van belasting betalers geld verduister. Zuma sal NOOIT in hierdie wêreld gevonnis word nie. So ook nie hierdie grap van n PP, Magashule en daai malennema nie. Kyk maar vir ou dronkie Bathabile……. Nee wat…… Te veel wette wat kriminele beskerm.

Wielspore ·

Openbare beskermer en lieg onder eed in dieselfde sin is ‘n verleentheid vir die persoon en ons land. Hoe dom kan mens wees?

Andre ·

Ongelooflik.Sy is openbare beskermer maar sy verstaan nie hoe die wet en die reg werk nie.Sy misverstaan dit.Ek is bevrees daar is baie dinge wat sy nie verstaan nie.Maar so gaan dit met moontlik 95% van die ministers ens.Jy hoef nie te verstaan of ken nie.Trek jou salaris en die res maak nie saak nie.

Nell ·

Hoe op aarde het sy haar graad in regsgeleerdheid verwerf – het sy ooit papiere om te wys ???

Kokerboom ·

Met so ‘n bevinding(een van baie) sou ek die land verlaat in skaamte. Maar nee die kader ken nie skaamte en haar arrogansie geen perke. Tsv al die die hofuitsprake teen haar bly sy in haar pos ..wat ‘n absolute klug. Hoekom het die ondersoekkomitee 90 dae nodig vir ‘n bevinding teen hoe koste wat jy nie binne een uur kan afhandel? Toon weereens die kaders is bang vir mekaar, aanvaar GEEN aanspreeklikheid dus rek besluite uit met minagting van koste vir belastingbetaler. CR het GEEN ruggraat. Artikels oor die vrou maak my naar van woede!

Casper ·

Ai ou Baardman aan wat se kriminele oortreding is sy skuldig bevind dat sy moet tronk toe gaan of het jy haar skuldig bevind.Sy is uiters dikvellig sou ek se.As ek so verneder word het ek lankal bedank my pension gevat en iewers gaan bly waar niemand my ken nie

Baardman ·

Ai ou Casper, lees weer die artikel. Onder andere meineed, verslae sonder bewyse wat neerkom op bedrog, ens.

Maggies ·

Dis wat gebeur as elke Jan Rap en sy maat in hoë poste aangestel word. Dink terug aan ZUMA as staat president. Ongeskoolde en ongeletterd.

Inkpot ·

Sy lieg onder eed, verstaan nie die reg nie en is uiters onbevoeg.
Hoè kan sy nog steeds in haar pos bly na soveel uitsprake teen haar?

Pieter Rubeus ·

‘n Leuen is bedrog. Maak nie saak hoe dit gestel word nie. Sy moet addisioneel vir die hele rekening en aankla word vir bedrog en tog het die regters anders beslis. Die hele 101 bladsy verslag was verkeerd. Hoe kan die hof haar nie verantwoordelik hou daarvoor nie? Dit tyd dat OUTA haar vasvat.

pompies ·

Dit is wat jy van n 30% kan v erwag sy verstaan net 30% van haar werk en opleiding. Sy sal ook se as iemand haar vra wat haar werk is dat jy dit moet gaan google. Wat n grap en sy is die openbare beskermer sy beskerm net haar pelle en haar sak met geld vir die res betekin sy niks

Jr ·

Sy en Dali Mpofu is die twee mees suksesvolste advokate in SA . Dus net as u in ag neem HOEVEELHEID SAKE HULLE VERLOOR HET. Die rekord is hierdie twee s’n

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.